• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    'n Ondersoek na die ontwikkeling van rekenaarondersteunde opleiding vir opvoedkundige tolke

    Thumbnail
    View/Open
    Smit V -22142940.pdf (1.859Mb)
    Date
    2018
    Author
    Smit, V.
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die Noordwes-Universiteit het 'n taalbeleid wat poog om "buigsaam en funksioneel te wees, die taalwanbalans van die verlede aan te spreek, en om meertaligheid, toegang, integrasie en 'n gevoel van tuiswees te bevorder" (Verhoef & Venter, 2008:282). Om hierdie beleid te ondersteun is 'n opvoedkundige tolkdiens in 2004 geloods (Blaauw, 2008a:301) wat teen 2017 verantwoordelik was vir die tolking van naastenby 1 300 periodes per week. Hierdie eksponensiële groei het gelei tot 'n groot aanvraag aan opgeleide tolke (Blaauw, 2008a:301). As gevolg van 'n tekort aan ervare, opgeleide tolke werf die NWU-tolkdiens aspiranttolke vanuit 'n wye verskeidenheid agtergronde. Hierdie aspiranttolke ondergaan 'n kort opleidingskursus en ontvang indiensopleiding. Daar is egter gevind dat tydsbeperkings verhoed dat aspiranttolke voldoende opgelei kan word om die uitdagings van opvoedkundige tolking die hoof te kan bied. Ten einde hierdie probleem op te los, is daar onderneem om ondersoek in te stel na die ontwikkeling van 'n opleidingsmodel wat gebruik maak van rekenaarondersteunde opleiding om sodoende voorstelle te kan maak vir die ontwikkeling van rekenaarondersteunde opleiding vir opvoedkundige tolke. Hierdie studie poog om ondersoek in te stel na die ontwikkeling van rekenaarondersteunde opleiding vir opvoedkundige tolke om ten einde voorstelle te kan maak vir die daarstelling van 'n rekenaarondersteunde opleidingsprogram vir die NWU-tolkdiens. Hierdie doel word bereik deur ondersoek in te stel na die gebruik van rekenaarondersteunde tolkopleiding elders in die wêreld, die ontwikkeling van rekenaarondersteunde opleiding en hoe dit kan bydra tot die opleiding van tolke wat daartoe in staat is om die uitdagings van opvoedkundige tolking die hoof kan bied. Deur die gebruik van empiriese navorsing poog hierdie studie ook om te bepaal wat opvoedkundige tolke se opleidingsbehoeftes is en om gevolglik voorstelle te maak vir die ontwikkeling van rekenaarondersteunde opleiding wat daardie behoeftes kan aanspreek. Hierdie studie sluit af met voorstelle vir die ontwikkeling van rekenaarondersteunde tolkopleiding sowel as met voorstelle vir verdere studies.
    URI
    https://orcid.org/0000-0002-5590-3421
    http://hdl.handle.net/10394/30836
    Collections
    • Humanities [2697]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV