• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Relasionaliteit in die outobiografiese poësie van Afrikaanse vrouedigters

    Thumbnail
    View/Open
    Jacobs I-13006843.pdf (1.759Mb)
    Date
    2018
    Author
    Jacobs, I.
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    In hierdie proefskrif word relasionaliteit in die outobiografiese poësie van Afrikaanse vrouedigters ondersoek. In die kritiese bestudering van die outobiografiese Afrikaanse vrouepoësie is daar nog nie indringend ondersoek ingestel na die aard van die representasie van die self en die ander ten opsigte van die self-ander-verhouding nie. Die leemte bestaan om teoretiese raamwerke daar te stel ten opsigte van 'n nuwe, meer gedefinieerde, leesstrategie vir hierdie poësie. Verder hou die komplekse feministiese beskouings van outonomie, relasionaliteit en outonome relasionaliteit ryk interpretasiemoontlikhede in wanneer dit gekombineer word met 'n ondersoek na outobiografiese vrouepoësie. Die bespreking van dié teoretiese velde, en die verbande wat daartussen gelê kan word, is in hierdie studie betrek by die skep van 'n meer indringende leesstrategie. Die sentrale navorsingsvraag van hierdie studie kan soos volg geformuleer word: Hoe kan die literêr-teoretiese en feministiese beskouings van outonomie, relasionaliteit en outonome relasionaliteit geïnkorporeer word in die strukturering van 'n gedetailleerde leesstrategie vir outobiografiese vrouepoësie? Die sentrale doelstelling van hierdie studie hou verband met die literêr-teoretiese en feministiese beskouings van outonomie, relasionaliteit en outonome relasionaliteit en die bepaling van die moontlikheid om hierdie beskouings te inkorporeer in die strukturering van 'n gedetailleerde leesstrategie vir outobiografiese vrouepoësie. Daar word in hierdie studie geargumenteer dat relasionaliteit wel 'n prominente rol in die outobiografiese poësie van vrouedigters speel en dat daar uit die poëtiese uitbeelding van die self-ander-verhouding, asook uit die (re)konstruksie van identiteit aan die hand van relasionaliteit, prominente kenmerke geïdentifiseer kan word wat die aard van hierdie relasionaliteit demonstreer. Die metodologie behels dat die aard van outobiografiese poësie, en die plek wat vrouepoësie in hierdie genre inneem, in die eerste plek uiteengesit word. Dit hou in dat daar 'n oorsig gegee word van outobiografiese letterkunde, met die fokus op poësie, asook 'n oorsig van die ontwikkeling van outobiografiese geskrifte van vroue en die filosofiese onderbou daarvan. Tweedens word dié teoretiese verkenning verder uitgebrei deur die ondersoek na die aard van relasionaliteit in terme van die self-ander-verhouding, die feminisme en die verband met genderrelasies. Hierdie verkenning sluit onder meer die teoretisering van Simone de Beauvoir in, asook ander perspektiewe op feministiese outonomie, relasionaliteit en relasionele outonomie, soos onder meer dié van Judith Butler, Jane Flax en Marilyn Friedman. Eksemplariese outobiografiese gedigte uit die oeuvres van elkeen van die vier gekose digters word deurgaans gebruik om die teoretiese besprekings toe te lig en te toets. Ná die teoretiese uiteensetting van die verband tussen relasionaliteit en outobiografiese vrouepoësie, asook die deurlopende eksemplariese ontleding van die onderskeie digters se outobiografiese poësie, word verdere gevolgtrekkings in verband met die navorsingsonderwerp in die gevolgtrekking uiteengesit.
    URI
    https://orcid.org/0000-0001-9258-8689
    http://hdl.handle.net/10394/30817
    Collections
    • Humanities [2697]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV