Show simple item record

dc.contributor.advisorVan der Linde, B.S.
dc.contributor.authorPienaar, Rachel Elizabeth
dc.date.accessioned2010-02-15T15:30:52Z
dc.date.available2010-02-15T15:30:52Z
dc.date.issued1972
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/2832
dc.descriptionThesis--Unisa.
dc.description.abstractOnder die opskrif "Grondliggende aspekte van toonsimboliek vir hierdie studie" word in die inleiding 'n uiteensetting gegee van wat ons verstaan onder toonsimboliek. Onder andere word twee denkrigtings in hierdie verband bespreek, naamlik die vertolking van musiek volgens die musikaal-retoriese Figureleer soos deur Brandes, Unger en Schmitz benader, en die wyer opvatting van Schering en Schenk wat van die simboolbegrip gebruik maak. Die geldigheid van die volgende musikale verskynsels as toonsimbole word getoets: toonskildering, woord-toonverhoudings, musikaal-retoriese figure, ritme, toonaard, leitmotiv en deklamasie. Die tweede afdeling is 'n volledige toonsimboliese analise van die sesen-veertig liedere in die Italienisches Liederbuch van Hugo Wolf. By die bespreking van elke lied verskyn die Afrikaanse vertaling van die Duitse teks asook notebeelde en harmoniese ontledings waar dit op die toonsimboliek betrekking het. Uit die analise word afgelei dat Hugo Wolf van sowel tradisionele as romantiese toonsimboliek gebruik gemaak het. 'n Oorsig van die volgende toonsimbole in die liedersiklus teen die agtergrond van hul historiese ontwikkeling kom voor in afdeling drie: akkoordverskuiwing, die bedrieglike kadans, chromatiek, die chromatiese kwartval, die himnetipe, die horingkwint, humoren spotsimbole, die kwartsekstakkoord, die Napelse akkoord, onopgeloste vierklanke, orrelpunt, huldigingsfiguur, woedesimbool, ritme, die sug (Seufzer), stile concitato, tertsverwantskappe en die verlaagde leitoon. Toonsimboliek in die Italienisches Liederbuch as romantiese toonsimboliek word in die vierde afdeling bespreek. Daar word verwys na die heersende neudeutsehe idioom in die musiek van die Hoog- en Laat-Romantiek, waarvan veral Liszt en Wagner verteenwoordigers was, en die invloed van hulle werk op Wolf se komposisies. 'n Oorsig oor die besondere aanwending van die triool in die liedere van Wolf, wat die vermoede laat ontstaan dat dit 'n simbool is wat eie is slegs aan die komponis, kom ook in afdeling vier voor. Die bibliografie word aangebied onder vier hoofde, naamlik musiekestetika, toonsimboliek, Hugo Wolf en geraadpleegde partiture.
dc.publisherUNISA
dc.titleDie toonsimboliek in Hugo Wolf se 'Italienisches Liederbuch'afr
dc.typeThesisen


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record