• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Humanities
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Humanities
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Die wisselende rol van kontinuïteit en diskontinuïteit in die geskiedenis van die filosofie en die wiskunde

    Thumbnail
    View/Open
    2017Die_wisselende.pdf (2.321Mb)
    Date
    2017
    Author
    Strauss, Danie F.M.
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Hierdie artikel wil lig werp op die onvermydelikheid van diskreetheid en kontinuïteit as primitiewe (ondefinieerbare) verklaringswyses in die geskiedenis van die filosofie en die wiskunde. Dit beliggaam die algemene uitdaging om rekenskap van die samehang van iets wat uniek is te gee. Gödel beklemtoon die samehang van 'primitiewe begrippe'. Die Griekse filosofie het reeds die ruimtelike geheel-dele-relasie - en die oneindige verdeelbaarheid daarvan - ontdek. Gedurende en na die Middeleeue het filosowe wipplank gery tussen 'n atomistiese waardering van die kontinuum en die teenoorgestelde daarvan, wat byvoorbeeld in die denke van Leibniz aangetref word as die gepostuleerde wet van kontinuïteit (lex continui). Die ontdekking van 'inkommensurabiliteit' (irrasionale getalle) deur die Grieke het aanleiding gegee tot die eerste grondslagkrisis van die wiskunde en die geometrisering daarvan. Leibniz en Newton kon die probleme rondom die limietbegrip nie besleg nie en spoedig sou dit tot die derde grondslagkrisis van die wiskunde aanleiding gee. Dit het Frege en die 'kontinuum-teoretici' daartoe gebring om prioriteit aan die kontinuum te gee - diskreetheid is 'n katastrofe. Onlangs waardeer Smooth Infinitesimal Analysis kontinuïteit as iets wat 'n 'ongebroke en ononderbroke geheel' daarstel. Die intuïsionistiese wiskunde het opnuut aangesluit by die klem op die ruimtelike geheel-dele-relasie. Ondanks pogings om kontinuïteit eksklusief aritmeties en ruimtelik te verstaan bevestig die geskiedenis van die filosofie en die wiskunde onmiskenbaar dat die medekondisionerende rol van hierdie twee wyses van verklaring 'n konstante metgesel in die nadenke oor kontinuïteit en diskontinuïteit sou bly. (Die rol van kontinuïteit en diskontinuïteit in die fisika en biologie sal in 'n aparte artikel ondersoek word.)
    URI
    https://doi.org/10.4102/satnt.v36i1.1388
    http://hdl.handle.net/10394/28261
    Collections
    • Faculty of Humanities [2042]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV