Show simple item record

dc.contributor.authorDu Pisani, Kobus
dc.contributor.authorVan Rooyen, Berta
dc.date.accessioned2018-07-04T09:11:09Z
dc.date.available2018-07-04T09:11:09Z
dc.date.issued2017
dc.identifier.citationDu Pisani, K. & Van Rooyen, B. 2017. Problematiek van erfenisimpakassessering vanuit 'n geskiedkundige perspektief soos bevind na 'n ondersoek van Tokaipark se geskiedenis, 1792 1910. Litnet Akademies, 14(3):43-65. [https://www.litnet.co.za/]
dc.identifier.issn1995-5928
dc.identifier.urihttps://www.litnet.co.za/
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/28162
dc.description.abstractNaudé (2000:38-57) het 'n opsomming gegee van die onderskeie deelnemers se betrokkenheid by erfenisimpakassessering soos vervat in die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne, Wet 25 van 1999. Dié skrywer onderskei tussen navorsingsterreine en spesialisasievelde en meen dat vir die waardebepaling van erfenispersele die argeoloë, antropoloë en argitektoniese geskiedkundiges moet terugstaan en plek maak vir geskiedkundiges, kultuurgeskiedkundiges en geskiedenisargeoloë, wat waardevoller insette kan lewer (Naudé 2000:53). In Suid-Afrika bestaan daar nie duidelike riglyne vir erfenisimpakassessering nie, aangesien die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (SAEHA) nog nie die beoogde handves, geskoei op die Burrahandves, die lig laat sien het nie. Vir staatsgeboue raadpleeg die Departement van Publieke Werke (DPW) wel die Burrahandves (Naudé 2000:51). Die Departement Omgewingsake en Ontwikkeling en Beplanning van die Wes-Kaapse Provinsiale Regering (WKPR) het sy eie riglyne opgestel (Winter en Baumann 2005). Hierdie riglyne is in 2011/12 gebruik tydens 'n openbare deelnameproses oor die ontwikkeling van Tokaiwerf en -subwerwe, die kernarea van Tokaipark, wat in 2005 deel van die groter Tafelberg Nasionale Park (TNP) geword het (Bluegreen Planning en Genote 2012). Die geskiedkundige verslag het in hierdie geval meer vrae laat ontstaan as wat dit antwoorde verskaf het, veral oor die navorsingsmetodiek wat gebruik is. Na 'n omvattende geskiedkundige studie van Tokaipark het ons in ooreenstemming met Naudé se siening bevind dat 'n geskiedenisverslag gebaseer op die metodiek van geskiedskrywing 'n beter grondslag vir erfenisimpakassessering sal lê. Dit wil voorkom of min geskiedkundiges in erfenisimpakassessering belangstel. Dit stel bewaringsterreine bloot aan die verlies van 'n geskiedenisgeheue. Is hedendaagse geskiedkundiges besig om hul verantwoordelikheid in hierdie opsig te versaak?
dc.language.isoother
dc.publisherLitNet
dc.subjectErfenishulpbronassessering
dc.subjecterfenisspesialiste
dc.subjectgeskiedskrywing
dc.subjectprimêre navorsing
dc.subjectTokaipark
dc.subjectverslagskrywing
dc.subjectWet op Nasionale Erfenishulpbronne
dc.titleProblematiek van erfenisimpakassessering vanuit 'n geskiedkundige perspektief soos bevind na 'n ondersoek van Tokaipark se geskiedenis, 1792 1910
dc.typeArticle
dc.contributor.researchID24867934 - Van Rooyen, Alberta Hendrika Jacoba
dc.contributor.researchID10187987 - Du Pisani, Jacobus Adriaan


Files in this item

FilesSizeFormatView

There are no files associated with this item.

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record