Show simple item record

dc.contributor.authorVos, Deon
dc.contributor.authorVan der Westhuizen, Philippus Cornelius
dc.date.accessioned2018-06-05T06:17:56Z
dc.date.available2018-06-05T06:17:56Z
dc.date.issued2017
dc.identifier.citationVos, D. & Van der Westhuizen, P.C. 2017. Rolkonflik by getroude manlike onderwysers vroeg in die 21ste eeu. Litnet Akademies, 14(2):492-517. [https://www.litnet.co.za/rolkonflik-getroude-manlike-onderwysers-vroeg-die-21ste-eeu/]
dc.identifier.issn1995-5928
dc.identifier.urihttps://www.litnet.co.za/rolkonflik-getroude-manlike-onderwysers-vroeg-die-21ste-eeu/
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/27061
dc.description.abstractDie doel van die navorsing was om vas te stel in welke mate die getroude manlike onderwyser rolkonflik ervaar. Die studie is uitgevoer deur middel van 'n literatuurstudie en, daarna, 'n empiriese ondersoek. Die doel van die literatuurstudie was om moontlike oorsake van rolkonflik te identifiseer en die doel van die empiriese ondersoek was om die mate van die belewing van rolkonflik by die respondente vas te stel. Die volgende probleemstelling is geformuleer: In watter mate ervaar getroude manlike onderwysers rolkonflik? Die volgende navorsingsdoelwitte is ge�dentifiseer: eerstens, om uit die literatuur die aard van die getroude manlike onderwyser se rol in die samelewing te bepaal; tweedens om uit die literatuur te bepaal watter faktore 'n rol by rolkonflik by die getroude manlike onderwyser speel, en laastens, om empiries te bepaal watter faktore 'n rol by rolkonflik by die getroude manlike onderwyser speel. Die studiepopulasie bestaan uit getroude manlike onderwysers in die Klerksdorp Onderwysdistrik van die Noordwes Onderwysdepartement. Enkele beskrywings wat verband hou met die begrip rol werp lig op die plek en aard van die rol van die man vanuit 'n juridiese perspektief gesien. Die aard van die rol van die man binne en buite die huis word ook bespreek. Vervolgens is die aard van rolkonflik by die getroude manlike onderwyser bespreek deur te verwys na begrippe soos inter- en intrarolkonflik. Moontlike faktore wat bydra tot die belewing van rolkonflik by die getroude manlike onderwyser is vanuit die literatuur ge�dentifiseer. Hierdie faktore wat aanleiding gee tot die belewing van rolkonflik, is in twee kategorie� verdeel, naamlik binne die gesin en by die werk. Die doel van die empiriese ondersoek was om vas te stel of die respondente wel rolkonflik beleef as gevolg van die bespreekte faktore en in welke mate rolkonflik beleef word. Die navorsingsontwerp het 'n oorsig van die omvang van die empiriese ondersoek gegee. Die ingevulde vraelyste is empiries ontleed en sekere interpretasies is daaruit geformuleer. Die studie is afgesluit met 'n samevatting, bevindinge en enkele aanbevelings wat op die bevindinge gebaseer is. Die bevindinge het daarop gedui dat rolkonflik wel by die respondente beleef word en dat die oorsake wat aanleiding gee tot rolkonflik, afkomstig is van die gesin, die samelewing en die werkplek. Daar is ook bevind dat daar prakties betekenisvolle verskille bestaan tussen sekere biografiese data van die respondente en enkele faktore wat aanleiding gee tot die belewing van rolkonflik. Die minimalisering van hierdie faktore is 'n tema waaraan in toekomstige navorsing aandag geskenk kan word. Die rede vir hierdie navorsing is om vas te stel tot watter mate manlike getroude onderwysers rolkonflik ervaar asook om vas te stel watter faktore aanleiding gee tot die belewing van rolkonflik
dc.language.isoen
dc.publisherLitNet
dc.subjectEggenoot
dc.subjectgetroud
dc.subjectmanlike onderwyser
dc.subjectprofessioneel
dc.subjectrol
dc.subjectrolkonflik; vader
dc.titleRolkonflik by getroude manlike onderwysers vroeg in die 21ste eeu
dc.typeArticle
dc.contributor.researchID10179178 - Van der Westhuizen, Philippus Cornelius
dc.contributor.researchID11084510 - Vos, Deon


Files in this item

FilesSizeFormatView

There are no files associated with this item.

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record