Developing coping strategies for children who lost a mother during middle childhood
Abstract
Death is a powerful experience that has the potential to cause disruption, displacement, and profound emotional suffering. The death of a mother has been described as one of the most stressful life events one may have to endure. When one considers the death of a mother in all its complexity, including the highly stressful changes and numerous secondary losses that are implied, it intensifies when children are involved. Middle childhood is the developmental period in a child’s life from six to 12 years of life. This is considered the most crucial time to lose a mother as children are cognitively and emotionally mature enough to understand and experience the profound loss, but their coping abilities lack mastery. Twelve per cent of South African children are classified as maternal orphans by the time they complete their middle childhood years, and with the increasing number of maternal deaths in South Africa, there is no denying that this is a matter of serious concern that warrants addressing. A thorough literature review was conducted for the present study, which revealed valuable insights regarding the experiences and detrimental effects of losing a mother during childhood. Numerous studies identified the implications of losing a mother during childhood. Despite researchers conducting studies in the realm of coping, they have failed to address coping in specific developmental periods. No study on how children in South Africa experienced their mother’s death, and attempted to cope with their unimaginable loss during their middle childhood years could be identified. I attempted to fill this apparent and monumental void in the literature and therefore, embarked on describing how children experience losing a mother during middle childhood. The second aim was to develop coping strategies for children to effectively cope with the loss of their mother during middle childhood, based on the experiences of the children and a review of the literature. The present study implemented a qualitative descriptive research design, and semi-structured interviews were conducted with 22 participants, along with the use of field notes. Each of these interviews were transcribed verbatim and analysed by means of qualitative content analysis. Subsequently, three major themes with categories and subcategories emerged from the data. The conclusion underlined the subjective experiences of losing a mother as well as children’s concept of death and responses to the death, before culminating in their available support structures and coping strategies they employed.
The present study has added an invaluable contribution to the available body of literature and expanded on the knowledge base of children’s experiences of losing a mother as well as their use of coping strategies. It is hoped that the insights and recommendations provided will benefit healthcare practitioners during therapy and enrichment programmes with bereaved children. Fathers or guardians of bereaved children may also find the insights beneficial. They could identify and nurture their child’s protective factors and maximise the external protective factors identified in the present study. It is further hoped that research in the realm of bereavement and coping will continue both globally and in a South African context. Dood is ’n kragtige ervaring wat die potensiaal het om ontwrigting, ontworteling en diepgaande emosionele lyding te kan veroorsaak. Die dood van ’n moeder word beskryf as een van die mees traumatiese lewenservarings wat ’n individu kan beleef. Die dood van ’n moeder in al sy kompleksiteit, insluitend die spanningsvolle veranderinge en die talle geïmpliseerde sekondêre verliese, word vererger wanneer kinders betrokke is. Die middelkinderjare is die tydperk wat strek van ses tot 12 jaar oud. Hierdie tydperk word beskou as die mees kritieke tyd om ’n moeder te verloor, aangesien die kinders kognitief en emosioneel volwasse genoeg is om hierdie groot verlies te verstaan en die diepgaande verlies te ondervind, maar hulle hanteringstrategieë nog nie voldoende ontwikkel is nie. Twaalf persent van Suid-Afrikaanse kinders word geklassifiseer as moederloos teen die tyd wat hulle middelkinderjare voltooi is, en met toenemende sterftes onder moeders in Suid-Afrika, bestaan daar geen twyfel dat dit ’n ernstige saak is wat aangespreek moet word nie. ’n Deeglike literatuuroorsig vir die huidige navorsing het waardevolle insigte ten opsigte van sowel hierdie ervarings as die nadelige gevolge van die verlies van ’n moeder gedurende die kinderjare onthul. Verskeie studies identifiseer die implikasies van die verlies van ’n moeder gedurende kinderjare. Alhoewel navorsers studies oor die hantering van hierdie probleem gedoen het, het hulle nie daarin geslaag om hanteringstrategieë in die onderskeie ontwikkelingsfases aan te spreek nie. Geen navorsing oor hoe Suid-Afrikaanse kinders die verlies van ’n moeder ervaar kon geïdentifiseer word nie, en ook nie oor hoe hulle probeer om hierdie ondenkbare verlies gedurende middelkinderjare te hanteer nie. Ek het daarom gepoog om hierdie ooglopende en belangrike leemte in die literatuur te vul deur te beskryf hoe kinders die verlies van ’n moeder tydens die middelkinderjare ervaar. Gebaseer op die ondervinding van die kinders en ’n oorsig oor die literatuur was die tweede doelstelling om strategieë te ontwikkel waarvolgens kinders in hulle middelkinderjare die verlies van ’n moeder effektief kan hanteer.
’n Kwalitatiewe, beskrywende navorsingsontwerp is in die huidige studie geïmplementeer, semi-strukturele onderhoude is met 22 deelnemers gevoer en veldnotas is gebruik. Elke onderhoud is verbatim getranskribeer en by wyse van kwalitatiewe ontleding geanaliseer. Gevolglik het drie belangrike temas met kategorieë en subkategorieë uit die data na vore getree. Die gevolgtrekking het beklemtoon dat die ervaring van die verlies van ’n moeder, asook ’n kind se begrip van die dood en reaksie daarop subjektief is, waarna hulle beskikbare ondersteuningstrukture en hanteringstrategieë bespreek is.
Die huidige studie het ’n belangrike toevoeging tot die beskikbare inligting gemaak en die kennisgebied oor kinders wat ’n moeder verloor het, sowel as hul hanteringstrategieë, verbreed. Die hoop bestaan dat die insig en aanbevelings wat voorsien is gesondheidsorgpraktisyns sal bemagtig tydens terapie en verrykingsprogramme met kinders wat rou. Vaders en voogde mag ook voordeel trek uit die bevindings van hierdie studie. Hulle kan faktore wat hulle kind beskerm identifiseer en koester, en ook die eksterne beskermingsfaktore wat in hierdie studie geïdentifiseer is maksimaliseer. Daar word verder gehoop dat studies oor rou en die hantering daarvan sowel wêreldwyd as in die Suid-Afrikaanse milieu sal voortgaan.
Collections
- Health Sciences [2060]