Die samestelling en evaluering van 'n program vir rou by kinders in die middelkinderjare
Abstract
Die algemene doelstelling van hierdie studie was om die uitwerking van ʼn rouprogram by
ʼn groep kinders in die middelkinderjare te bepaal. Die studiepopulasie het uit 63 kinders uit
verskillende bevolkingsgroepe en tale bestaan. Hulle is ewekansig in ’n eksperimentele en
kontrolegroep ingedeel.
Twee meetinstrumente is gebruik, naamlik die Trauma Symptom Checklist for Children
(TSCC) en die Inventory of Complicated Bereavement – Reduced Version (ICG-RC). Die
deelnemers is almal getoets nadat hulle ouers/voogde toestemming om deel te neem aan die
projek, gegee het. Die navorser het die toetsing onderneem en is bygestaan deur ʼn psigometris.
Die deelnemers is daarna onderskeidelik in ʼn eksperimentele en kontrolegroep ingedeel en die
lede van die eksperimentele groep het die program deurloop. Na konsultasie met die
maatskaplike werker is lede van die kontrolegroep verwys vir individuele terapie. Die program is
oor die loop van 10 weke na skoolure aangebied. Die suksesvolle afhandeling van rou en
gepaardgaande afname van rousimptome, was die fokus van die program.
Die betroubaarheid van die meetinstrumente kon in die Suid-Afrikaanse konteks
aangetoon word. Die geldigheid van die meetinstrumente kon egter nie bepaal word nie, omdat
die studiepopulasie te klein was. Die deelnemers het bogemiddelde tellings van rousimptome
soos angs, depressie en post-traumatiese stres getoon. Voorts is ook aangetoon dat al die
deelnemers gekompliseerde rousimptome soos eensaamheid, ʼn soeke na die oorledene, die
gevoel dat ʼn deel van hulle ook saam met die oorledene gesterf het en dat hulle in ʼn gebroke
wêreld lewe ervaar. Al die deelnemers het die genoemde gekompliseerde rousimptome vir langer
as twee maande ervaar en gepaardgaande inperking van hulle funksionering het gevolg. Die impak van die rouprogram is bevestig met statisties beduidende verskille en groot
prakties betekenisvolle verskille tussen die eksperimentele en kontrole groep, nadat die program
voltooi is. ʼn Beduidende afname is in die ervaring van angs, depressie, post traumatiese-stres,
overte dissosiasie en dissosiasie fantasie, (skale van die TSCC) aangetoon. Daar is voorts
aangetoon dat die deelnemers in die eksperimentele groep ten opsigte van die Inventory of
Complicated Grief (ICG-RC) statisties beduidend van die kontrole groep verskil het, nadat die
program aangebied is. Die lede van die eksperimentele groep se rousimptome soos, soeke na
oorledene en die gevoel dat die lewe leeg en gebroke is en irritasie, bitterheid en woede, het
beduidend afgeneem.
Leemtes in die huidige studie is dat die studiepopulasie ʼn klein steekproef ingesluit het en
dat die gesinslede en /of oorlewende ouer nie by die program betrek is nie. The general aim of this study was to determine the effect of a grief program for a group
of children in middle childhood. The study population consisted of 63 children from different
ethnic groups and languages who were divided randomly into an experimental and control group.
Two measuring instruments were used, namely the Trauma Symptom Checklist for
Children (TSCC) and the Inventory of Complicated Grief Reduced Version (IGC-RC). After
permission for participation in the project was obtained from the parents/guardians, participants
were tested. The researcher was assisted by a psychometrist in the process of testing. The
participants were divided into an experimental and a control group. Only the experimental group
attended the program. The participants in the control group was offered individual therapy upon
recommendation of the social worker. The program was presented after school hours over the
period of ten weeks. The attention was on facilitating completion of the mourning period as well
as aiding a decrease of symptoms of complicated bereavement.
The reliability of the measuring instruments proved satisfactory in the South African
context, but validity could not be determined because of the small study population. Participants
had above average scores of symptoms of complicated bereavement such as anxiety, depression,
post-traumatic stress, as well as loneliness, seeking the presence of the deceased, feeling a part of
themselves has died with the person, and living in a broken world. All participants had
symptoms of complicated grief for more than a two-month period and all reported impairment of
functioning.
The effect of the grief program has been visible in statisitical significant differences and
practical differences of great effectbetween the control and experimental groups after completion of the program. A significant decrease in levels of anxiety, depression, post-traumatic stress,
overt dissociation, and dissociation conflict (scales of the TSCC) were proved by the results. The
results of the Inventory of Complicated Grief Reduced Version (ICG-RC) have indicated a
significant statistical difference between the experimental and control group, and the symptoms
of the experimental group decreased significantly upon completion of the program.
Limitations of this study were the small study population and the exclusion of
parents/guardians from the program
Collections
- Humanities [2680]