Show simple item record

dc.contributor.advisorMeyer, Prof. L.W.
dc.contributor.authorSchutte, Elizabeth Johanna Magdelena
dc.date.accessioned2017-07-20T13:54:41Z
dc.date.available2017-07-20T13:54:41Z
dc.date.issued2017
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/25177
dc.descriptionM.Ed. (Educational Psychology), North-West University, Potchefstroom Campus, 2017en_US
dc.description.abstractAfknouery en geweld vind toenemend in Suid-Afrikaanse skole, maar ook op ander vlakke van die samelewing plaas. Die Handves van Menseregte (Grondwet kyk Suid-Afrika 1996) beklemtoon die feit dat leerders se regte eerbiedig en beskerm moet word sodat hulle in ’n veilige omgewing onderrig kan word. Afknouery druis daarom teen die fundamentele regte van leerders in. Aanvanklik is daar heelwat in navorsing op afknouers en teikens gefokus, maar gaandeweg het die fokus na aanskouers van afknouery begin verskuif. Tans ontvang die rol wat aanskouers in die voorkoming van afknouery kan speel, al meer prominensie in die navorsingsliteratuur. In Suid-Afrika is daar steeds relatief min navorsing oor aanskouers van afknouery, en spesifiek oor aanskouers se belewing van afknouery, gedoen. Daarom was die primêre doel van hierdie navorsing om aanskouers se belewing van afknouery te ondersoek. Ter ondersteuning van die primêre navorsingsdoel is daar ook sekondêre navorsingsdoelwitte gestel wat met die aard, oorsake, en gevolge van afknouery, die rolle wat aanskouers tydens afknouvoorvalle speel en die hantering van afknouery verband gehou het. In die literatuurstudie is daar op die afknouverskynsel en aanskouers van afknouery gefokus. In die empiriese gedeelte van die ondersoek het ’n gevallestudie as navorsingsontwerp gedien en is daar van kwalitatiewe metodes gebruik gemaak om die navorsingsvrae te beantwoord. Individuele onderhoude is met die skoolhoof, die voorsitter van die Beheerliggaam en onderwysers van ʼn multi-kulturele skool gevoer. Daar is ook individuele en fokusgroeponderhoude met leerders gevoer en verder het leerders in die Grondslagfase ook hulle belewing van afknouery in tekeninge uitgebeeld en in byskrifte beskryf. Die data is geanaliseer en die volgende bevindinge is ten opsigte van die primêre navorsingsvraag gemaak: Die aanskouers het intense en wisselende emosies van veral hulpeloosheid, verwarring, afkeuring, hartseer, woede, teleurstelling, vrees, skuld, ongelukkigheid en empatie ten aanskoue van die afknouery beleef. Die aanskouers het beleef dat afknouers dit geniet om af te knou en dat hulle ten spyte van ingryping, met die afknouery sal voortgaan en ook aanskouers sal afknou. Die aanskouers het afknouery sterk afgekeur en was van oordeel dat hulle ʼn morele plig het om tydens afknousituasies in te gryp. Na aanleiding van die bevindinge wat uit die navorsing voortspruit is aanbevelings oor hoe afknouery op die verskillende vlakke van die samelewing aangespreek kan word, gemaak.en_US
dc.publisherNorth-West University (South Africa) , Potchefstroom Campusen_US
dc.subjectAfknoueryen_US
dc.subjectAfknouersen_US
dc.subjectTeikensen_US
dc.subjectAanskouersen_US
dc.subjectAanskouers se belewing van afknoueryen_US
dc.subjectHantering van afknoueryen_US
dc.titleAanskouers se belewing van afknouery : ʼn gevallestudie van ʼn multi-kulturele skoolen_US
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeMastersen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record