Die Afrikaanse volksang- en volkspelebeweging as draer van 'n bepaalde Afrikaner-identiteit
Abstract
Die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging as draer van 'n bepaalde Afrikaner-identiteit. Met as uitgangspunt die veronderstelling dat die mens die skepper is van sy omstandighede deur die interaksie met ander lede van die samelewing wil hierdie skripsie 'n oorsigtelike studie maak van die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging as 'n sosiale instelling waardeur 'n bepaalde Afrikaneridentiteit bevestig word. Om bogenoemde doelwit te bereik word die volgende aspekte bespreek: kultuur; musiek as kultuur en draer van identiteit; die Afrikaner se identiteitsideologiee; die geskiedenis en oogmerke van die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging en musikale simboliek in liedtekste en dansbewegings soos dit voorkom in die bundel, Ons Volkspele-erfenis
(AWB: 1989). Nie-musikale simboliek soos bv. kleredrag, vlae en vaandels, verversings ens., waardeur die identiteit van hierdie groep Afrikaners versterk word, word ook bespreek.
The Afrikaanse Volksang- en Vo/kspelebeweging as exponent of a specific Afrikaner identity. In this study the hypothesis that man is the creator of his own circumstances through interaction with other members of his community, is the basis of an synoptic study of the Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging as a social movement that establishes a specific Afrikaner identity. To achieve this objective the following aspects are discussed: culture; music as culture and exponent of identity; the identity ideologies of the Afrikaner; the
history and objectives of the Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging and musical symbolism in song texts and dance movements, apparent in the volume Ons Volkspele-erfenis (AWB: 1989). Non-musical symbolism, apparent in i.e. clothing, the kinds of food and refreshments being used, and the utilization of flags and banners, is also discussed.
Collections
- Humanities [2697]