• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Humanities
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Humanities
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Postulêre werkwoorde in Griekwa-Afrikaans - 'n ondersoek vanuit 'n grammatikaliseringsperspek

    Thumbnail
    View/Open
    2016Postulêre_werkwoorde.pdf (378.9Kb)
    Date
    2016
    Author
    Breed, Catharina Adriana
    Van Aardt, Caro A.
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die grammatikale funksie wat liggaamshoudingwerkwoorde – oftewel postulêre werkwoorde – spesifiek die kardinale werkwoorde sit, staan, lê en loop in geskrewe Standaardafrikaans verrig, is taamlik omvattend beskryf in bestaande Afrikaanse taalkundenavorsing. Die postulêre werkwoord word algemeen in Afrikaans – net soos in Nederlands – aangewend om progressiewe betekenis uit te druk. Die vraag kan egter gevra word of dit op dieselfde wyse gebruik word in ander gebruikskontekste of variëteite van Afrikaans. In hierdie verband kan daar reeds op twee opvallende verskille gewys word in die wyse waarop Griekwa-Afrikaans, ʼn streekvariëteit van Afrikaans, en Standaardafrikaans postulêre werkwoorde grammatikaal aanwend. Eerstens kan die bindingspartikel en uit die Griekwa-Afrikaanse VPOS en VINF-konstruksie weggelaat word, terwyl dit in Standaardafrikaans nie die geval is nie. Tweedens verskil die frekwensies van die postulêre werkwoorde in Standaardafrikaans en Griekwa-Afrikaans. Van die vier postulêre werkwoorde kom loop verreweg die meeste voor in Griekwa-Afrikaans, terwyl sit die mees frekwente grammatikale postulêre werkwoord in Standaardafrikaans is. Vanuit ʼn grammatikaliseringsperspektief kan sowel die vormlike as die frekwensieverskil tussen die Standaardafrikaanse en Griekwa-Afrikaanse konstruksies ʼn aanduiding wees dat die werkwoorde nie tot dieselfde mate gegrammatikaliseer het in die twee variëteite nie. In hierdie artikel word daar verder vanuit ʼn grammatikaliseringsperspektief ondersoek ingestel na die moontlike verskillende grammatikale gebruike of aanwending van postulêre werkwoorde in gesproke Griekwa-Afrikaans en geskrewe Standaardafrikaans. Daar word geargumenteer dat die bestaande beskrywing van die Standaardafrikaanse grammatikale postulêre konstruksie nie voldoende is om ook te geld as ʼn beskrywing van die konstruksie in niestandaardvariëteite van Afrikaans nie.
    URI
    http://dx.doi.org/10.5774/46-0-226
    http://hdl.handle.net/10394/23700
    Collections
    • Faculty of Humanities [2042]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV