Show simple item record

dc.contributor.authorVan der Walt, B.J.
dc.date.accessioned2017-05-15T08:59:30Z
dc.date.available2017-05-15T08:59:30Z
dc.date.issued2016
dc.identifier.citationVan der Walt, B.J. 2016. 'n Reformatories-filosofiese evaluering van (semi-)mistieke spiritualiteit. Tydskrif vir Christelike Wetenskap, 52(1&2):91-118. [https://journals.co.za/content/tcwet/52/1-2/EJC192156]
dc.identifier.issn1013-1116
dc.identifier.urihttps://journals.co.za/content/tcwet/52/1-2/EJC192156
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/23691
dc.descriptionEnter any additional information or requests for the Library here.
dc.description.abstractLemand se visie op en standpunt oor 'n mistieke en semi-mistieke lewensbeskouing en praktyk word tot 'n groot mate bepaal deur sy/haar religieuse, lewensbeskoulike en (in die geval van wetenskaplikes) filosofiese uitgangspunte. Hierdie feit verklaar die groot, dikwels botsende, verskeidenheid omskrywings en tipologieë van en houdings teenoor hierdie verskynsel. Soos wat reeds in die vorige vier bydraes oor hierdie onderwerp duidelik geword het (vgl. Van der Walt, 2015b, 2015c, 2015d en 2015e), is sommige hedendaagse sekulêre denkers positief en ander negatief teenoor mistiek ingestel. In hierdie artikel sal blyk dat hierdie twee teenoorgestelde standpunte ook onder Christene voorkom. In die lig van die toenemende gewildheid van 'n mistieke soort spiritualiteit - nie net onder akademici nie, maar ook in nie-akademiese kringe - word Christene dus met die volgende aktuele vraag gekonfronteer: Het 'n mistieke uitkyk en lewensgevoel - ook al is dit in die verlede teologies geregverdig en word dit vandag weer as egte Bybelse vroomheid gepropageer - enige reg van bestaan in die lig van 'n Skrifmatige of Reformatoriese filosofie? Om hierdie vraag te beantwoord steun die skrywer op die filosofiese pionierswerk wat alreeds deur twee Nederlandse Christelike denkers uit die vorige eeu gedoen is. Hulle blootlegging van veral die ontiese en antropologiese uitgangspunte van die (semi-)mistiek, stel 'n mens in staat om 'n grondige evaluering van hierdie oeroue en kontemporêre vorm van spiritualiteit te maak. Hierdie ondersoek verloop dus soos volg. Ter inleiding word eers 'n blik terug gewerp op wat die skrywer se navorsing tot sover opgelewer het en die probleem wat dit oproep. Daaruit blyk onder andere die eeuelange verskil van standpunte onder Christene asook die onduidelikheid tot op vandag oor wat mistiek presies sou behels. Daarna volg die beskrywings en evaluerings van die mistiek en semi-mistiek deur proff. H.W. Obbink en D.H.Th. Vollenhoven. Die derde hoofafdeling vat eers die tipiese trekke van die (semi-)mistiek saam, om dan ten slotte die groot en beslissende verskil tussen hierdie tipe spiritualiteit en die Bybelse boodskap van ware vroomheid te benadruk.
dc.language.isoother
dc.publisherVereniging vir Christelike Hoër Onderwys
dc.titlen Reformatories-filosofiese evaluering van (semi-)mistieke spiritualiteit
dc.typeArticle
dc.contributor.researchID10169628 - Van der Walt, Barend Johannes


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record