Show simple item record

dc.contributor.authorVan Huyssteen, Gerhard B
dc.date.accessioned2017-05-15T08:59:23Z
dc.date.available2017-05-15T08:59:23Z
dc.date.issued2016
dc.identifier.citationVan Huyssteen, G.B. 2016. Die ortografiese realisering van komposita met en afleidings van multiwoordeiename. Litnet Akademies, 13(3):424-456. [http://www.litnet.co.za/die-ortografiese-realisering-van-komposita-met-en-afleidings-van-multiwoordeiename/]
dc.identifier.issn1995-5928
dc.identifier.urihttp://www.litnet.co.za/die-ortografiese-realisering-van-komposita-met-en-afleidings-van-multiwoordeiename/
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/23640
dc.descriptionEnter any additional information or requests for the Library here.
dc.description.abstract’n Multiwoordeienaam is ’n frasekonstruksie wat na ’n benoemde entiteit verwys en wat uit twee of meer ortografiese woorde bestaan; dié ortografiese woorde word deur spasies geskei en gewoonlik met hoofletters geskryf (uitgesonderd funksiewoorde soos lidwoorde, voorsetsels en partikels), byvoorbeeld Nelson Mandela en Atlantiese Oseaan. Daar is geen spesifieke normerende reëls in Afrikaans wat betref die skryfwyse van samestellings met en afleidings van multiwoordeiename nie. Skryf ’n mens byvoorbeeld Atlantiese Oseaan+verskynsel as Atlantiese Oseaanverskynsel, Atlantiese-Oseaanverskynsel of Atlantieseoseaanverskynsel; en Atlantiese Oseaan·ADJZ as Atlantiese Oseanies of Atlantiese-Oseanies of Atlantieseoseanies?1 Die oogmerk van hierdie studie is om ’n beskrywing van die ortografiese realisering van hierdie twee konstruksies in Afrikaans te gee, met die oog daarop om te bepaal wat die keusemoontlikhede (Wallis, Bowie en Aarts 2012) is wat gebruikers vir die skryfwyses het, en watter keuses inderdaad uitgeoefen word. Die basiese navorsingsvraag is: Is daar ’n positiewe korrelasie tussen die ortografiese vorm van ’n multiwoordeienaam as sodanig en die ortografiese vorm daarvan in komposita daarmee of afleidings daarvan? Daar word van drie metodes gebruik gemaak in die ondersoek, naamlik ’n literatuurstudie, korpusondersoek en ’n meningspeiling onder taalpraktisyns. Uit die kleinskaalse korpusondersoek en meningspeiling wat geloods is, blyk dit dat die ortografiese integriteit van multiwoordeiename oorwegend behoue bly in komposita daarmee en gesuffigeerde afleidings daarvan. Vier veranderlikes waaraan in toekomstige navorsing praktiese uitvoering gegee moet word, is geïdentifiseer, te wete die: -woordsoort van die resulterende woordvorm - voorkoms van die resulterende woordvorm in normerende bronne en woordeboeke -mate van vestiging van multiwoordeiename -verskil tussen geredigeerde tekste en ongeredigeerde tekste.
dc.language.isoother
dc.publisherLitNet
dc.subjectAfrikaans
dc.subjectAfrikaanse woordelys en spelreëls
dc.subjectfrasekonstruksie
dc.subjectkorpus
dc.subjectmorfologie
dc.subjectmultiwoordeienaam
dc.subjectortografie
dc.titleDie ortografiese realisering van komposita met en afleidings van multiwoordeiename
dc.typeArticle
dc.contributor.researchID10215484 - Van Huyssteen, Gerhardus Beukes


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record