• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Humanities
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Humanities
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    The 'Eclipse' of the object of research in late-modern philosophy of science: causes and possible remedies

    Thumbnail
    Date
    2008
    Author
    Coletto, Renato
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Hierdie artikel verken die geleidelike ''verdwyning'' van die objek van navorsing in die laat-moderne wetenskapsfilosofie. In die eerste deel van hierdie artikel (afdelings 2 tot 6) word die ''verduistering'' van die navorsings-objek (wat gepaard gaan met 'n groeiende beklemtoning van die rol van die kennende subjek) aangetoon en bespreek. In die volgende fase (afdeling 7) word gesoek na die oorspronge van die probleem en voorgestel dat dit te doen het met die Cartesiaanse verdeling tussen die subjek en objek van kennis. In hierdie dichotomie gee nominalisme voorkeur aan die kennende subjek, terwyl realisme die objek vooropstel. Een van die konsekwensies van hierdie Cartesiaanse verdeling is die probleem van die inkongruensie tussen wetenskap en die studie-objek. Alhoewel beide nominalisme en realisme hierdie probleem ervaar, is dit veral in die nominalistiese weergawe van hierdie teenspraak wat die verskynsel van die ''verdwyning'' van die objek meer dramaties ervaar word. Laastens (afdelings 8 en 9), word aanbeveel dat die strukturele orde van die werklikheid erken word as 'n reaksie op die probleem van die ''verduistering'' van die navorsings-objek. Hierdie ontologiese voorstel word op die kenteoretiese vlak vergesel van die suggestie dat dit moontlik is om beide die individuele en universele te ken en dat die skeppingsmatige / strukturele orde wel toeganklik is vir wetenskaplike ondersoek en daarom nie so ontwykend is as wat dit in die laat-moderne wetenskapsfilosofie voorgestel word nie.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/2239
    http://hdl.handle.net/10520/EJC110772
    Collections
    • Faculty of Humanities [2042]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV