• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Law
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Law
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Koolstofbelasting as voorgestelde ekologiese fiskalehervormingsmaatreël in Suid-Afrika

    Thumbnail
    View/Open
    2016Koolstofbelasting.pdf (772.7Kb)
    Date
    2016
    Author
    Barnard, Michelle
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die doel van die artikel is om sowel die ontwikkeling as die inhoud van die Draft Carbon Tax Bill, 2015 in besonderhede te bespreek. Die sentrale vertrekpunt van die betoog berus op die aanname dat fiskalehervormingsmaatreëls (onder meer koolstofbelasting) suksesvol aangewend kan word as nasionale instrumente om die uitwerking van klimaatsverandering te temper. Hierdie aanname spruit uit die internasionale mandaat vir die tempering van klimaatsverandering soos vervat in die United Nations Framework Convention on Climate Change, 1992 asook die Kioto-protokol, 1997. Die metodiek van die artikel om die navorsingsdoelwit te bereik is ’n literatuurstudie wat op kernonderwerpe gefokus is. Eerstens word fiskale hervorming as temperingsmaatreël bekendgestel, waarna koolstofbelasting as spesifieke verskyningsvorm bespreek word. Daarna volg ’n ondersoek na die geskiedkundige ontwikkeling wat hierdie bestaande beleidsraamwerk oor koolstofbelasting deurloop het. Daarmee saam geld ’n oorsig oor die vernaamste beleidsdokumente. Laastens word die wetsontwerp van 2015 ontleed deur spesifiek te fokus op aspekte van belastingpligtigheid, die ontwerp van koolstofbelasting en die herwinning van inkomste. Die doel van hierdie ontleding is om te beoordeel of die voorgenome koolstofbelasting (soos in die wetsontwerp beskryf) die potensiaal het om daadwerklik klimaatsverandering deur fiskale hervorming te kan teenwerk. Daar word bevind dat die wetsontwerp twee uiteenlopende velde van die reg aansny, naamlik omgewingsreg en belastingreg. Voorts is die bevinding dat die voorgeskrewe belastingvrye drempels en belastingtoegifte die finansiële impak van koolstofbelasting as omgewingsgesentreerde (ekologiese) fiskalehervormingsmaatreël drasties inperk. Nietemin is die formulering van hierdie beleidsdokument ’n dinamiese stap om die eerste en enigste wetgewing te ontwikkel wat klimaatsverandering in Suid-Afrika uitdruklik reguleer.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/21885
    http://www.litnet.co.za/koolstofbelasting-voorgestelde-ekologiese-fiskalehervormingsmaatreel-suid-afrika/
    Collections
    • Faculty of Law [388]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV