Die ontwikkeling van onderwysstudente se hoërorde kognitiewe vaardighede
Abstract
Hierdie navorsingsartikel ondersoek die wese van hoërorde kognitiewe vaardighede en die onderrigstrategieë wat dosente kan kombineer om onderwysstudente se hoërorde kognitiewe vaardighede te ontwikkel. Alhoewel hierdie artikel verskeie redes uitlig waarom dit noodsaaklik is dat onderwysstudente se hoërorde kognitiewe vaardighede tydens tersiêre opleiding ontwikkel moet word, is die grondliggende argument dat onderwysstudente wat nie in staat is om hoërorde kognitiewe vaardighede te demonstreer nie, nouliks hierdie vaardighede by skoolleerders sal kan ontwikkel. Die doel van die ondersoek wat tot hierdie artikel gelei het, was om die wese van hoërorde kognitiewe vaardighede te konseptualiseer, die onderrigstrategieë te identifiseer wat tot die ontwikkeling van hoërorde kognitiewe vaardighede lei, en om onderwysstudente se vermoë om hoërorde kognitiewe vaardighede te demonstreer, te meet. Die artikel begin met die begripsverklaring van hoërorde kognitiewe vaardighede, waarna die onderrigstrategieë vir die ontwikkeling van hoërorde kognitiewe vaardighede beredeneer word. Hoërorde kognitiewe vaardighede is 'n komplekse konsep wat deur verskeie navorsers se sieninge in die literatuur vergestalt word. Die ondersoek toon ook dat die toepassing van 'n kombinasie van drie onderrigstrategieë tot die ontwikkeling van studente se hoërorde kognitiewe vaardighede lei, te wete induktiewe onderrig, koöperatiewe leer en probleemgebaseerde leer. In hierdie ondersoek is kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsmetodes gebruik om vas te stel of die studente op grond van hulle blootstelling aan hierdie onderrigstrategieë vordering toon. Daar is bevind dat die kombinasie van onderrigstrategieë sigbare verbetering in die studente se vermoëns om hoërorde kognitiewe vaardighede te demonstreer, tot gevolg gehad het. Die skep van leeromgewings vir die ontwikkeling van studente se hoërorde kognitiewe vaardighede vereis dus dat dosente kundig moet wees in die wese van hoërorde kognitiewe vaardighede en die onderrigstrategieë wat lei tot die ontwikkeling daarvan, sodat onderwysstudente in staat is om as toekomstige onderwysers hoërorde kognitiewe vaardighede by skoolleerders te ontwikkel.
The development of student teachers' higher-order thinking skills
This research-based article investigates the nature of higher-order thinking skills and the teaching strategies that teachers can combine to develop education students' higher-order thinking skills. Although this article highlights several reasons why it is essential that education students' higher-order thinking skills in tertiary education should be developed, the fundamental argument is that education students who are unable to demonstrate these skills will not be able to develop these skills in their learners once they enter the teaching profession. The purpose of this article is to conceptualise the essence of higher-order thinking skills, identify the teaching strategies which would enable the development of education students' higher-order thinking skills, and lastly to measure education students' ability to demonstrate higher-order thinking skills.