• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Humanities
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Humanities
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Differensiasie: die basis van samelewingsvryhede

    Thumbnail
    View/Open
    2015Differensiasie.pdf (423.3Kb)
    Date
    2015
    Author
    Strauss, Danie
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Hierdie artikel verg enersyds begripsonderskeidinge en andersyds 'n oorsigtelike beeld van ongedifferensieerde en gedifferensieerde samelewings. Waar ding-begrippe in die Grieks-Middeleeuse intellektuele erfenis prominent was (die vraag na die konkrete wat-heid van die dinge), sou die moderne ontwikkelinge sedert die Renaissance al meer klem op funksie-begrippe plaas (die vraag na die hoedanigheid van dinge). In die lig van hierdie onderskeiding blyk dit dat die term differensiasie 'n biotiese funksiebegrip is wat ten nouste verband hou met die multifunksionele aard van lewende dinge - wat tewens 'n eenheid in die menigvuldigheid organiese aktiwiteite daarvan vertoon (getalsfunksie), en wat 'n samehangende (organiese) geheel met integrale dele vorm wat in voortdurende wisselwerking met mekaar staan (die ruimtelike, kinematiese en fisiese funksies). Biotiese groei omvat beide die vertakking (differensiasie) van lewensfunksies en die saambind (integrasie) daarvan. Besinning oor die aard van die menslike samelewing stuit onvermydelik op die analogiese gebruik van hierdie biotiese terme (differensiasie en integrasie). Dit gebeur spesifiek wanneer van ongedifferensieerde en gedifferensieerde samelewings gepraat word. Waar die individuele mens grootliks in ongedifferensieerde samelewings opgaan (as deel van 'n groter geheel), bied die langsame kultuur-historiese proses van samelewingsdifferensiasie eventueel ruimte vir die uitkristallisering van die staat as regsverband naas en in onderskeiding van 'n menigvuldigheid niestaatlike samelewingsvorme - en tegelyk tree daar 'n persoonlike vryheidsfeer na vore waarin die persoonlike ruimte van individue onderken word afgesien van enige lewensvorm-verbintenis waarin die mens as deel van 'n groter geheel mag optree. Dit lei tot die gevolgtrekking dat differensiasie inderdaad die basis van ons publieke vryhede, persoonlike vryhede en samelewingsvryhede vorm. Die terme wat in die titel van hierdie artikel vervat is, is ongewyfeld bekend uit ons alledaagse spraakgebruik. Sodra daar egter nader rekenskap gegee wil word van bepaalde konnotasies waarin dit ook in 'n filosofiese besinning gebruik kan word, blyk dit spoedig dat dit nie so 'n eenvoudige taakstelling is nie.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/20658
    http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/v55n2a10
    Collections
    • Faculty of Humanities [2042]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV