Show simple item record

dc.contributor.authorSnyman, Elisabeth
dc.date.accessioned2017-03-01T09:36:26Z
dc.date.available2017-03-01T09:36:26Z
dc.date.issued2015
dc.identifier.citationSnyman, E. 2015. Outobiografie as hermeneutiek van die self: Van Rousseau tot Le Clézio. Literator, 36(1):1–10. [http://dx.doi.org/10.4102/lit.v36i1.1131]en_US
dc.identifier.issn0258–2279
dc.identifier.issn2219–8237 (Online)
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/20641
dc.identifier.urihttp://dx.doi.org/10.4102/lit.v36i1.1131
dc.description.abstractHierdie artikel ondersoek die hipotese dat outobiografie as ’n soort hermeneutiek van die self beskou kan word. Vir hierdie doel word ’n seleksie van Franse outobiografieë behandel. Aangesien hierdie studie ’n verwerking van ’n intreerede is, is dit oorsigtelik van aard en poog dit nie om ’n gedetailleerde ontleding van óf die teorie óf die tekste waarna verwys word, te gee nie. Jean-Jacques Rousseau se Confessions, wat allerweë as een van die hoekstene van die moderne outobiografie beskou word, is as vertrekpunt gebruik vir die interpretasie van verstaanshandelinge ingebed in outobiografiese tekste. Die artikel toon voorts aan hoe die skrywers van die res van die korpus op verskillende wyses Rousseau se historiese model bevraagteken in aansluiting by nuwer denkwyses. So word daar aangetoon dat George Perec die historiese model laat vaar om eerder tekens uit die verlede te ontsyfer; dat Nathalie Sarraute die gedagte van die verdeelde subjek van die Nuwe Roman kombineer met haar konsep van tropismes om ’n deurleefde weergawe van haar kinderjare te skep; en dat Roland Barthes die aanname dat taal ’n medium van uitdrukking van subjektiwiteit kan wees, problematiseer om ’n ‘anti-outobiografie’ te skryf. Voorts is aangetoon hoe Marguerite Yourcenar wegbreek van die antropomorfisme van die humanisme om die weg te baan vir die besef dat die teenwoordigheid van die Ander die uitleg van die self ten diepste bepaal. Laastens word die etiek van die Ander in interkulturele ontmoetings, soos geboekstaaf in die outobiografieë van Ken Bugul en Jean-Marie Le Clézio, ondersoek. Die artikel toon aan hoe literêr-filosofiese tendense die gedagte van singewing en interpretasie van die persoonlike verlede en gevolglik die aard van outobiografie vanaf die agtiende eeu beïnvloed het.en_US
dc.language.isootheren_US
dc.publisherAOSISen_US
dc.titleOutobiografie as hermeneutiek van die self: Van Rousseau tot Le Clézioen_US
dc.typeArticleen_US
dc.contributor.researchID11594489 - Snyman, Anna Elisabeth


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record