Sin van plek, ingeplaastheid en bioregionaliteit in ’n kunstenaarsboek-installasie,Mooirivier: weerspieëling en weerklank
Abstract
Hierdie artikel bespreek n praktykgebaseerde navorsingsprojek: n kunstenaarsboek–installasie met die Mooirivier in die Potchefstroom–omgewing as tema. Die bespreking is n retrospektiewe besinning vanuit die perspektief van die kunstenaar–navorser aan die hand van die plekbegrippe sin van plek, ingeplaastheid en bioregionaliteit. As n gelaagde en multimodale kunsvorm kan kunstenaarsboeke plek op n unieke wyse vergestalt. Die uitgangspunt van die skrywer is dat die besinning oor die projek aan die hand van hierdie plekbegrippe n bydrae kan lewer tot die verstaan van die mens se verhouding met plek en met plekspesifieke kuns en letterkunde. In die teoretiese raamwerk word veral gekonsentreer op n beter verstaan van die begrip ingeplaastheid, en word gesteun op die perspektiewe van plekteoretici soos Buell, Basso, Relph, Casey, Smiley en Smith. Ná die kontekstualisering en teoretiese raamwerk word die projek in meer besonderhede bespreek, met aandag aan die kunstenaar se sin van plek, die vergestalting van sin en plek in inhoud en vorm, en die aanskouer–deelnemer se ervaring van die werk. Die gevolgtrekking is dat die kunstenaarsboek–installasie Mooirivier: weerspieëling en weerklank as n bioregionale plekspesifieke werk beskou kan word. Die aktiwiteite met betrekking tot die werk kan as n ingeplaaste skeppingsaksie en ingeplaaste navorsingsaksie vertolk word, en die ervaring van die aanskouer–deelnemer as ingeplaaste ervaring. Smith se definisie van ingeplaaste skryf– en leesaksie word sodoende uitgebrei.
Collections
- Faculty of Humanities [2042]