• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Law
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Law
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Konstitusionalisme in Suid-Afrika

    Thumbnail
    View/Open
    2014Konstitusionalisme.pdf (206.6Kb)
    Date
    2014
    Author
    Venter, Francois
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Teen die agtergrond van 'n veelbewoë staatsregtelike geskiedenis is konstitusionalisme deur die 1993- en 1996-Grondwette in die Suid-Afrikaanse regsorde ingevoer. Konstitusionalisme is 'n term wat, as deel van die globale tendens na die ontwikkeling van 'n gemeenskaplike staatkundige woordeskat, toenemend gebruik word. Wat dit presies beteken, is egter nie eenvoudig te verklaar nie, veral in ag genome dat dit in 'n uitgebreide verskeidenheid verbande en nuanses gebruik word. Dit is egter moontlik om, aan die hand van die vakkundige literatuur bepaalde strukturele, substantiewe en doktrinêre elemente te tabuleer ten einde 'n oorsigbegrip van konstitusionalisme te weerspieël. So 'n tabel word aangebied. Die aard van die konsep van konstitusionalisme wat in die Suid-Afrikaanse reg ingevoer is, word aan die hand van die grondwetlike bepalings van 1993 en 1996 gedemonstreer. Daar word egter ook uitgewys dat daar bepaalde "genetiese defekte" in die 1996-Grondwet is wat ruimte skep vir die ondermyning van konstitusionalisme. Vervolgens word die manier waarop Suid-Afrikaanse konstitusionalisme deur die nastrewing van seksionele politieke belange beproef word, aan die hand van 'n aantal gewysdes toegelig. Die sake wat behandel word, handel oor selektiewe begenadiging, die tot niet making van die Skerpioene, optrede van die onderwysburokrasie, benoeming van 'n veroordeelde moordenaar tot gesagsposisies en gebrekkige diplomatieke beskerming. Teen hierdie agtergrond, en die elemente wat kenmerkend van konstitusionalisme is, word oorweeg of Suid-Afrikaanse konstitusionalisme verstaan moet word as 'n lewensvatbare embrio of as 'n sterwende jeugdige. Vier scenario's van die moontlike vestiging of degenerering van konstitusionalisme op Suid-Afrikaanse bodem word geskets. Hierdie scenario's dien as verwysingsraamwerk vir die beoordeling van moontlike toekomstendense in hierdie verband. Die afleiding word gemaak dat, wat die toekoms ook al mag inhou, konstitusionalisme in Suid-Afrika in die moeilikheid is en dat die terugkeer na 'n pad waarop die grondwetlike ideale van 1994 verwerklik kan word, moeisaam sal wees.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/20304
    http://www.litnet.co.za/assets//pdf/joernaaluitgawe_11_2/11_2_Venter.pdf
    Collections
    • Faculty of Law [388]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV