• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Law
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Law
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Die toelaatbaarheid van intieme visentering van die liggaam van 'n gearresteerde persoon

    Thumbnail
    Date
    2014
    Author
    Du Toit, Pieter Gerhardus
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Hierdie bydrae ondersoek die vraag of die intieme visentering van die liggaam van 'n gearresteerde persoon, in die besonder die fisiese ondersoek van die liggaamsholtes, deur die Strafproseswet 51 van 1977 veroorloof word. Die vraag word ondersoek teen die agtergrond van die onlangse uitspraak van die Oos-Kaapse hoë hof, Grahamstad in Yanta v Minister of Safety and Security (2013 JDR 1378 (OKG)). Alvorens hierdie saak bespreek word, word die verskillende moontlike vorme van deursoekings van die liggaam van 'n persoon, asook die toepaslike voorskrifte van die Strafproseswet 51 van 1977 wat in dié verband geïnterpreteer moet word, kortliks vermeld. Na afloop van die saakbespreking, sal die posisie kragtens die Wet op Korrektiewe Dienste 111 van 1998, asook in enkele buitelandse regstelsels vermeld word. Aandag sal gegee word aan die voorskrifte van die Police and Criminal Evidence Act van 1984 van Engeland en Wallis, die Duitse Strafprozeßordnung (StPO), asook die Nederlandse Wetboek van Strafvordering (Sv). Hierdie wetgewing bevat bepalings wat sinvol deur die Suid-Afrikaanse wetgewer geraadpleeg kan word om die huidige onbevredigende regsposisie, soos wat uitgewys sal word, te oorkom.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/20301
    http://journals.co.za/content/ju_tsar/2014/3/EJC156513
    Collections
    • Faculty of Law [388]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV