• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Law
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Law
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Oorgrens-biodiversiteitsregulering in die Antroposeen

    Thumbnail
    View/Open
    2014Oorgrensbiodiversiteitsregulering.pdf (182.1Kb)
    Date
    2014
    Author
    Kotzé, Louis J
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Hierdie artikel bou voort op 'n aantekening wat ek in 2013 in LitNet Akademies gepubliseer het. Dit handel met die Antroposeen wat deesdae algemeen, alhoewel nog nie formeel nie, aanvaar word as 'n nuwe geologiese epog waarin die mens besig is om die parameters wat die werking van alle aardstelses bepaal, wesenlik te verander. As gevolg van die toenemende menslike invloed op die aardstelsel is die aarde besig om kritieke kantelpunte te bereik wat tot snelle en onomkeerbare verandering kan lei en lewe op aarde onmoontlik kan maak. Nou, meer as ooit in die verlede, gaan daar van die mensdom verwag word om deur regulatoriese strukture, wat ook die reg insluit, in te gryp ten einde die mens-omgewing-koppeling beter te bemiddel. 'n Aansienlike deel van hierdie regulatoriese ingryping sal op die beskerming van biodiversiteit moet fokus. Biodiversiteit is noodsaaklik om menslike en niemenslike lewe op aarde te onderhou, om die integriteit en gesondheid van ekologiese stelsels in stand te hou, en om die stabiliteit en herstelvermoë van ander aardstelsels te verseker. Daar is vandag genoegsame bewyse dat daar 'n dramatiese afname in biodiversiteit weens die toename in menslike aktiwiteit in die biosfeer is. Dit is derhalwe duidelik dat daar 'n nuwe reguleringsparadigma nodig is om biodiversiteit genoegsaam te beskerm om sodoende lewe in die Antroposeen moontlik te maak, nou en in die toekoms. Teen hierdie agtergrond poog hierdie artikel in die algemeen om die narratief van die Antroposeen in te bring in die debat oor oorgrens-biodiversiteitsreg en -regulering deur te toon wat die aanbreek van die Antroposeen vir sommige aspekte van biodiversiteitsbeskerming beteken. Die artikel identifiseer en bespreek dan kortliks twee vraagstukke wat belangrik sal wees by die oorweging van 'n nuwe paradigma vir oorgrens-biodiversiteitsbeskerming gedurende die Antroposeen. Hierdie vraagstukke is nuwe globale omgewingsreg en -regulering, en transnasionaliteit deur konnektiwiteit.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/20297
    http://www.litnet.co.za/assets//pdf/joernaaluitgawe_11_2/11_2_Kotze_2.pdf
    Collections
    • Faculty of Law [388]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV