Show simple item record

dc.contributor.authorKotzé, Louis J
dc.contributor.authorGoosen, Charné
dc.date.accessioned2017-02-13T09:57:04Z
dc.date.available2017-02-13T09:57:04Z
dc.date.issued2014
dc.identifier.citationKotzé, L.J. & Goosen, C. 2014. `n Ontleding van die Suid-Afrikaanse regsraamwerk met betrekking tot die omgewingsaspekte van breking in die karoo. Litnet Akademies, 11(2):149-197. [http://www.litnet.co.za/assets//pdf/joernaaluitgawe_11_2/11_2_Kotze_Goosen.pdf]en_US
dc.identifier.issn1995-5928(online)
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/20295
dc.identifier.urihttp://www.litnet.co.za/assets//pdf/joernaaluitgawe_11_2/11_2_Kotze_Goosen.pdf
dc.description.abstractAardgas word toenemend deur middel van die proses van hidrouliese breking (hierna breking) ontgin. Die Suid-Afrikaanse owerheid het op 7 September 2012 die nasionale moratorium op aansoeke om prospektering van aardgas gelig. Die weg is dus nou gebaan vir moontlike grootskaalse ontginning van aardgas in Suid-Afrika. Wetenskaplikes meen dat een van die wêreld se grootste bronne van aardgas in die Karoostreek opgesluit lê. Die Karoo is egter bekend vir langdurige droogtes. Dit beteken dat die gebied grootliks afhanklik is van ondergrondse waterbronne vir daaglikse gebruik deur mense, diere en die breër ekosisteem. Die gebied word ook oorwegend vir landboudoeleindes aangewend en meer spesifiek veeteelt, en dit word beskou as 'n uiters sensitiewe ekologiese gebied. Na alle verwagtinge sal breking 'n beduidende impak hê op die Karoo, haar omgewing en meer spesifiek haar waterhulpbronne, en haar mense, terwyl dit allesbehalwe seker is of die sosio-ekonomiese groei wat voorspel word as gevolg van industriële aktiwiteite in die gebied, die ekologiese impakte sal kan uitbalanseer. Suid-Afrika het gelukkig een van die modernste en omvattendste omgewingsregraamwerke in die wêreld, maar dit is onduidelik of hierdie raamwerk voldoende ingerig is om omgewingsuitwerkings en -skade as gevolg van breking te voorkom, te beperk en/of te herstel. In die lig hiervan poog hierdie bydrae om die primêre omgewingsregbepalings te ontleed en leemtes daarin te identifiseer sodat aanbevelings ter beskerming van die omgewing oorweeg en toepaslike wetgewing gepromulgeer kan word ten einde die uitwerkings van breking beter te reguleer. Die Karoostreek dien as die geografiese fokus van die artikel. Die bespreking word aan die hand van die volgende chronologie gestruktureer: Eerstens verduidelik ons kortliks die proses van breking asook die voor- en nadele daarvan. Omdat die Suid-Afrikaanse omgewingsreg geanker is in grondwetlike bepalings, fokus ons daarna op die toepaslike bepalings van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, en meer spesifiek op die omgewingsreg vervat in artikel 24. Die res van die artikel word gewy aan 'n kritiese bespreking van die primêre statutêre bepalings wat betrekking het op die regulering van hidrobreking. Hierdie wette sluit in die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur 107 van 1998; die Mineral and Petroleum Resources Development Act 28 van 2002; en die Nasionale Waterwet 36 van 1998.en_US
dc.language.isoenen_US
dc.publisherLitnet Akademiesen_US
dc.title`n Ontleding van die Suid-Afrikaanse regsraamwerk met betrekking tot die omgewingsaspekte van breking in die karoo.en_US
dc.typeArticleen_US
dc.contributor.researchID10951164 - Kotzé, Louis Jacobus


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record