Riviere as identiteitskonstrueerders
Abstract
Die bundel jeugherinneringe “Met ’n eie siekspens” (Engela van
Rooyen) en die roman “Manaka: plek van die horings” (Pieter
Pieterse) vul mekaar aan as literêre vergestalting van die
verskynsel dat die menslike lewe en identiteit beïnvloed word
deur ’n aspek van die karakters se natuurlike omgewing,
naamlik die rivier. Hierdie ondersoek fokus op die aard en
omvang van die invloed van riviere op die identiteitsvorming
van karakters in hierdie twee prosawerke. In “Met ’n eie
siekspens” hou die vormende rol van die Oranjerivier verband
met ’n komplekse verbintenis tussen mens en rivier waarbinne
elemente van verknogting bots met dié van verknegting. Die
lewenswaardes wat die rivier en rivieromgewing die karakters
leer, is kernkomponente van hulle identiteit. In “Manaka: plek
van die horings” blyk die hoofkarakter se droom oor ’n lewe op
die Zambezi deel te wees van sy identiteit deurdat dit
selfrealisering behels en sy denke en selfbeskouing sedert
kindsbeen rig. Die rivier en omgewing speel egter ook ’n
sentrale rol in die latere herinterpretasie van sy lewensdoel en
die verkryging van ’n breër begrip van sy ware identiteit. Die
ondersoek onderstreep die belang van navorsing oor die
uitbeelding van die verhouding tussen mens en natuur binne
die groter studieveld waarin die uitbeelding van identiteitskwessies
in die Afrikaanse letterkunde ondersoek word The collection of youth memories “Met ’n eie siekspens”
(Engela van Rooyen) and the novel “Manaka: plek van die
horings” (Pieter Pieterse) complement each other as literary
embodiments of the phenomenon that human life and identity
are influenced by an aspect of the characters’ natural
environment, namely the river. This article focuses on the
nature and extent of the influence of rivers on the development
of identity in characters in these two works. In “Met ’n eie
siekspens” the formative role of the Orange River is connected
with a complex relationship between man and river in which
elements of devotion collide with those of enslavement. The
values taught by the river and its surroundings are core
components of the characters’ identities. In “Manaka: plek van
die horings”, the main character’s dream of a life on the
Zambezi is part of his identity, in that it embodies selfrealisation
and has directed his thinking and self-image since
childhood. The river and its surroundings, however, later on
also play an important role in the re-interpretation of his life goal
and the acquisition of a wider understanding of his true identity.
This investigation underlines the importance of research into
the portrayal of the relationship between man and nature within
the broader field of study in which the portrayal of matters of
identity in Afrikaans literature is investigated.
URI
http://hdl.handle.net/10394/19276http://dx.doi.org/10.4102/lit.v27i3.201
http://www.literator.org.za/index.php/literator/article/view/201
Collections
- Faculty of Education [756]