Ontwerp van 'n energiebestuurstelsel vir optimale energieverbruik en effektiwiteit van 'n distribusievlakmikrokragnetwerk
Abstract
South African state-owned utility company, Eskom, is under severe pressure to ensure the stability and reliability of the national electricity grid. With a shortfall in capacity of the national electricity grid, the possibility of distribution level generation in the form of micro-grids takes rise Onlangse persvrystellings en media-aankondigings deur die Suid-Afrikaanse staatsbeheerde nutsmaatskappy, Eskom, dui daarop dat die nasionale kragnetwerk onder geweldige druk is. Daar word enorme druk deur residensiële- en industriële elektrisiteitverbruikers uitgeoefen om die betroubaarheid van 'n stabiele kragnetwerk te verseker. Die moontlikheid van 'n mikrokragnetwerk bestaan wel binne die huidige gesentraliseerde kragnetwerk, maar word tans nie baie goed ondersteun deur Eskom en streekmunisipaliteite nie. Mikrokragnetwerke verwys na kragopwekking deur onafhanklike kragprodusente op distribusie- en transmissievlak. Mikrokragnetwerke kan as 'n selfstandige, kragnetwerkgeïntegreerde of hibriede kragnetwerk opgestel word. Sodoende, met toepassing van hierdie topologieë, kan die mikrokragnetwerk aanvullend tot die gesentraliseerde kragnetwerk wees. In eerstewêreldlande soos België en Switserland word mikrokragnetwerke baie goed ondersteun deurdat die nutsmaatskappye oortollige gegenereerde elektrisiteit by die mikrokragnetwerk terugkoop. Dit is egter nie die geval in Suid-Arika nie en oortollige gegenereerde elektrisiteit gaan verlore. 'n Residensiële energiebestuurstelsel kan die genoemde probleem oorkom deur aktiewe monitering en bestuur van die mikrokragnetwerk se inkomende en uitgaande energie
URI
http://hdl.handle.net/10394/18162https://www.researchgate.net/publication/305556426_Design_of_an_energy_management_system_utilizing_optimum_energy_consumption_and_efficiency_of_a_distribution_level_microgrid_Ontwerp_van_%27n_energiebestuurstelsel_vir_optimale_energieverbruik_en_effekti