Die problematiek en gesamentlike beheer van immigrante binne die Europese Unie: lesse vir Suid–Afrika
Abstract
International migration is a consequence of globalisation and part of a transnational trend which permanently influences communities, cultural interaction and socio-economic governance in developed and developing states (Harris 2009:4). According to Solomon (1996:1) one out of every hundred and fourteen people in the world can be regarded as displaced. Angenendt (2008:1) is of the opinion that the reasons for illegal immigration in particular can be universally linked to the attempt to fl ee from political violence and oppression or a lack of economic prospects in the country of origin. In the European Union (EU) the largest group of immigrants, for example, come from Turkey, Morocco, Albania and Serbia (A common immigration policy 2008:4). In the United States of America (USA) illegal immigrants and non-established minorities are mostly from Mexico, Cuba and other South American states. In South Africa the abovementioned groups mainly come from Zimbabwe, Mozambique and Swaziland (Whitman 2000:19).
Migration is a multidimensional and complex concept relating to a variety of interpretations and meanings. For the purposes of this article the research will be narrowed down to illegal immigration and insufficient integration and marginalisation of non-established minorities in South Africa and the European Union (with a brief reference to the Netherlands as a case study). The key concepts can be summarised as follows:
a) Non-established minorities: Smit (2009:8) views non-established minorities as individuals or a group that enter a receiver state legally or illegally. These individuals or groups find it difficult to integrate on social, cultural and economic levels in the receiver state. Non- established minorities tend to live in groups, develop their own community structures and tend to retain their own language, culture and religion. This means that they are unable to integrate into the structure and culture of the society that they have entered. They therefore tend to function and live in isolation. In many respects their traditions and way of life are being viewed as strange and regarded with suspicion. The consequence is that non-established minorities are often subjected to socio-economic marginalisation and even discrimination;
b) Illegal immigration: In brief terms an illegal or undocumented immigrant can be described as a person that enters a state without formal permission. An illegal immigrant therefore enters a state outside the legislative migration framework of that state. Illegal immigration usually takes place through people-trafficking organisations, overstaying on a tourist or study visa or forging a visa (Offe 2011:4).
The South African government has recently launched initiatives to improve immigration control and limit illegal immigration from other African states. In broad terms these initiatives consist of the redeployment of the South African National Defence Force (SANDF) on the South African borders, as well as improved internal processing arrangements and deportation procedures. In the light of the foregoing actions, this article undertakes a holistic comparative analysis of the immigration and non-established minority challenges facing the EU and the way in which illegal immigration is managed in South Africa. The primary assumption is that there are managerial shortcomings and certain lessons to be learnt from the EU experience. It is the main objective of this article to highlight these lessons. Firstly, the article focuses on the impact of moral obligations as an important rationale for the extent of, and manner in which the South African authorities currently manage illegal immigration and the problem of non-established minority groups. Here an emphasis is placed on crime, unemployment and xenophobia as perceived consequences of illegal immigration. Secondly, as the main focus, the article is narrowed down to the perception of, and manner in which illegal immigration and non-established minorities are currently being dealt with within the EU. In this regard there is a specific emphasis on the perception of the national interest of individual states as rationale behind the management of illegal immigration and non-established minorities in the EU. This comparison serves as a guideline to identify the challenges that must be overcome by the South African authorities and provide recommendations for relevant policy formulation and the implementation thereof Internasionale migrasie is 'n uitvloeisel van globalisering en deel van 'n transnasionale tendens wat gemeenskappe, kulturele interaksie sowel as sosio-ekonomiese regeerprosesse in ontwikkelde en ontwikkelende state permanent beïnvloed (Harris 2009:4). Volgens Solomon (1996:1) is een uit elke honderd en veertien mense wêreldwyd 'n uitgewekene. Die redes vir veral onwettige immigrasie word volgens Angenendt (2008:1) universeel verbind met pogings van mense om aan politieke geweld en onderdrukking te ontkom. 'n Gebrek aan ekonomiese vooruitsigte in die land van herkoms is dikwels ook 'n rede vir vertrek uit die eie staat van herkoms. Binne die EU is die grootste groepe onwettige immigrante en niegevestigde minderhede byvoorbeeld afkomstig uit Turkye, Marokko, Albanië, Algerië en Serwië (A common immigration policy 2008:4). In die Verenigde State van Amerika (VSA) is onwettige immigrante en niegevestigde minderhede afkomstig uit Meksiko, Kuba en ander Suid-Amerikaanse state. In Suid-Afrika is hulle veral afkomstig uit Zimbabwe, Mosambiek en Swaziland (Whitman 2000:19).
Migrasie is 'n multidimensionele en komplekse konsep wat verband hou met 'n verskeidenheid interpretasies en betekenisse. Vir die doeleindes van hierdie navorsing word die omvang en hantering van die immigrasieproblematiek binne Suid-Afrika en die Europese Unie (met 'n kort verwysing na Nederland as 'n gevallestudie) beperk tot 'n bespreking van die problematiek van onwettige immigrasie en die daarmee verbandhoudende gebrekkige integrasie van minderhede in die "doelstaat".
Die Suid-Afrikaanse regering het onlangs inisiatiewe van stapel gestuur ten einde onwettige immigrasie, veral uit ander Afrikastate, beter te beheer en selfs te ontmoedig. In breë trekke behels hierdie inisiatiewe die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) op die grense, die verskerping van binnelandse prosesseringsmaatreëls en deporteringsprosedures. In hierdie artikel word 'n vergelyking getref tussen die immigrasie- en die niegevestigde minderheidsproblematiek van die EU en die wyse waarop veral onwettige immigrasie tans in Suid-Afrika hanteer word. Die primêre aanname is dat daar steeds leemtes in die Suid-Afrikaanse hanteringswyse is, en dat daar lesse te leer is uit die EU-ondervinding. Dit is juis hierdie lesse wat in die artikel uitgelig word. Eerstens word kernagtig ingegaan op die impak van morele verpligtinge as belangrike rasionaal onderliggend aan die wyse waarop die onwettige immigrasie en die niegevestigede minderheidsproblematiek tans in Suid-Afrika hanteer word. Hier is die fokus spesifiek op misdaad, werkloosheid en vreemdelingehaat as uitvloeisels van onwettige immigrasie. Die fokus word tweedens ter vergelyking vernou tot die persepsie en wyse waarop die immigrasie en niegevestigde minderheidsproblematiek binne die EU hanteer en ervaar word. In hierdie verband word die klem spesifiek op die persepsie van nasionale eiebelang van individuele EU-lidstate as rasionaal vir die hantering van die niegevestigde minderheidsproblematiek binne die EU gelê. Hierdie vergelyking dien as riglyn vir die identifisering van uitdagings wat deur die Suid-Afrikaanse owerhede oorkom moet word. Dit is dan moontlik om aanbevelings te maak vir relevante beleidsformulering en die implementering daarvan in Suid-Afrika
URI
http://hdl.handle.net/10394/17926http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512011000200003&lng=en&nrm=iso
Collections
- Faculty of Humanities [2042]