Die periodisering van die Suid–Afrikaanse geskiedenis in resente oorsigwerke
Abstract
Various issues relating to historical periodisation have been discussed in scholarly
publications. Against the background of these studies the article examines ten
overviews written or edited by professional historians since 1990. It appears that there
are many similarities between the periodisations of these authors. This indicates that
despite differences in aims and viewpoints, they identify the same patterns of
continuity and change in South African history. Yet, no periodisations are exactly the
same, and the identification, as well as the naming of the different periods in the
various overviews, reflect particular interpretations of South African history. Writers
of recent overviews still emphasise political and economic developments. Therefore social and cultural aspects do not play an important role in their periodisations. If
authors of future overviews pay more attention to these aspects, this will probably
have a significant influence on the periodisation of South African history
Verskeie vraagstukke in verband met historiese periodisering is in wetenskaplike publikasies bespreek. In aansluiting by hierdie studies word tien oorsigwerke wat sedert 1990 verskyn het en waarvan professionele historici die skrywers en/of redakteurs was, in die artikel in oënskou geneem. Dit blyk dat daar heelwat ooreenkomste tussen die periode-indelings in hierdie werke bestaan. Dit dui daarop dat historici, ten spyte van verskillende uitgangspunte en oogmerke, dieselfde patrone van kontinuïteit en verandering in die Suid-Afrikaanse geskiedenis identifiseer. Tog kom geen van die periodiserings presies ooreen nie en verteenwoordig elke skrywer se periode-indeling en periodebenamings 'n besondere interpretasie van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Die sterk klem wat steeds deur oorsigskrywers op politieke en ekonomiese geskiedenis gelê word, bring mee dat sosiale en kulture aspekte nie 'n belangrike rol in hulle periodiserings speel nie. In toekomstige oorsigwerke sal groter aandag aan hierdie aspekte waarskynlik 'n belangrike invloed op periode-indelings van die Suid-Afrikaanse geskiedenis hê
Collections
- Faculty of Humanities [2042]
Related items
Showing items related by title, author, creator and subject.
-
People's history en geskiedenisonderrig op skool: 'n alternatiewe geskiedenis vir die nuwe Suid-Afrika.
Visser, W P (The South African Society of History Teaching, 1993) -
Die leerplan in geskiedenis as leervak op die Kaaplandse middelbare skole : 'n histories-kritiese studie
Coetsee, Andries Gerhardus (North-West University (South Africa), 1950)"No abstract" -
Plaaslike geskiedenis as 'n genre vir sekondêre geskiedenis onderrig met verwysings na spesifieke bronnemateriaal beskikbaar in Laudium.
Jooste, Cecile (The South African Society for History Teaching (SASHT) under the auspices of the School of Basic Sciences, Vaal Triangle Campus, North-West University, 2007)