Grootgroeponderrig ter wille van die verhoging van onderwysproduktiwiteit in hoër onderwys

View/ Open
Date
2014Author
Steyn, Hendrik J.
Van der Walt, Johannes L.
Metadata
Show full item recordAbstract
Opsomming
Universiteite in Suid-Afrika en elders in die wêreld is onder druk weens sekere
eksterne neigings, soos die huidige tydgees van nadruk op prestasie,
effektiwiteit en produktiwiteit (performativity), bestuur van byvoorbeeld
opvoedingsinstansies asof hulle sakeondernemings is (managerialism), klem
op dit wat werk en effektief is (pragmatism), op wat nuttig en bruikbaar is
(utilitarianism) en die neiging om almal toe te laat om byvoorbeeld
hoëronderwysinstansies by te woon, al is hulle nie noodwendig goeie
kandidate vir opleiding op daardie vlak van onderwys nie (massification).
Universiteite ondervind voorts dat hulle baie van hulle selfstandigheid as
samelewingsverbande verloor het. Hulle staan naamlik onder die beheer en
toesig van staatsdepartemente wat ’n goeie rendement wil hê op die geldelike
toekennings wat aan die universiteite gemaak word. Hoewel universiteite en
dosente poog om hierdie uitdagings positief te bestuur, is hierdie kragte
oorweldigend; daarom moet dosente maniere vind om te midde van hierdie
omstandighede hulle roeping as geleerdes/vakkundiges (scholars) uit te leef en
ook om hulle studente te ondersteun om tot volronde mense te ontwikkel. Een
van die maniere wat bedink is om die eksterne tendense op ’n positiewe
manier te hanteer, is die inskakeling van ’n grootgroeponderrigstrategie
(GGOS). Hierdie artikel handel oor die (voor)teoretiese grondslae van die
GGOS, die rasionaal vir die implementering daarvan en die resultate wat
daarmee bereik is en kan word. Dit blyk dat die GGOS inderdaad lei tot meer
produktiewe onderrig en dat hoewel hierdie praktyk in die hande van die
prestasie- en uitsetbeginsel (performativity) werk, dit tog tyd vry maak vir
dosente om meer aandag aan hulle eie ontwikkeling tot akademiese
geleerdheid te bestee. Die strategie bied ook aan studente die geleentheid om
hulself as goedgevormde mense en potensiële akademici te ontwikkel.
Collections
- Faculty of Education [759]