Show simple item record

dc.contributor.authorOdendaal, Bernardus J.
dc.date.accessioned2015-09-28T07:46:28Z
dc.date.available2015-09-28T07:46:28Z
dc.date.issued2013
dc.identifier.citationOdendaal, B.J. 2013. Raak- en verskilpunte tussen gedigte en liedtekste. Literator. 34(2):1-10. [http://www.literator.org.za/index.php/literator]en_US
dc.identifier.issn0258-2279
dc.identifier.issn2219-8237 (Online)
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/14614
dc.description.abstractSimilarities and dissimilarities between poems and song lyrics. Developments around the Afrikaans ‘songs for listening’ in the late 1970s and early 1980s, when the term gained prominence in the art of song, initiated a ‘rapprochement’ between the Afrikaans poetry and song systems which put the differentiating characteristics of poems and song lyrics, previously considered to be clearly distinguishable, in question. The consequent need for reflection on the existence, or not, of fundamental differences between the two text types inspired the research for this article (a critical study of relevant local and international sources; an application of findings to examples of Afrikaans songs and poetry). Firstly, emphasis is placed on the shared history and the continued relationship between the two genres. The difference in intended mediums of presentation – oral performance versus print edition – is identified as the most fundamental distinction between song texts and poetry. The prominent utilisation of visualfigurative prosodic elements in poetry, that is, next to the rythmic-sonic elements which it has in common with song texts, was subsequently found to be a decisive distinction, particularly since the era of high modernism with its treasure of free verse. This entails a development corresponding to what mediologist Debray described as a cultural shift from the logospheric to the graphospheric era. Finally, mention is made of how the dynamic growth of the electronic media in the current videospheric era yielded new problematical distinctions between lyrics and poetry. The scope of this article, however, does not allow further investigation regarding the latter. OPSOMING: Die ontwikkeling van die Afrikaanse luisterliedjie in die laat 1970’s en vroeë 1980’s, toe dié woord in die liedkuns op die voorgrond getree het, het ’n ‘toenadering’ tussen die Afrikaanse poësie- en liedsisteme aan die gang gesit wat die afgelope dekade daarop uitgeloop het dat die wyse waarop voorheen duidelik tussen gedigte en liedtekste onderskei is, bevraagteken geraak het. Die gevolglike noodsaak vir besinning oor die bestaan, al dan nie, van wesenlike verskille tussen die twee tekssoorte het die navorsing vir hierdie artikel geïnspireer (die kritiese bestudering van relevante plaaslike en internasionale bronne; die toepassing van bevindinge op voorbeelde in die Afrikaanse lied- en digkuns). Eers is klem geplaas op die gedeelde geskiedenis en die bestaande verwantskappe tussen die twee genres. Die bestemde mediums van presentasie – mondelinge uitvoering teenoor uitgawe in druk – is as die mees wesenlike onderskeid tussen lied- en poësietekste geïdentifiseer. As deurslaggewend onderskeidende konsekwensie hiervan tree die benutting van visuele en beeldende prosodiese elemente in die digkuns, veral sedert die modernistiese era met sy vryeversrykdom, op die voorgrond; dit wil sê naas die ritmiese en klankmatige aspekte wat dit met die liedtekskuns gemeen het. Daar word aangetoon dat dit ’n verdere ontwikkeling behels wat saamhang met wat die medioloog Debray bestempel het as ’n kulturele verskuiwing van die logosferiese na die grafosferiese era. Ten slotte word gewys op die feit dat die snelle opkoms van die elektroniese media in die videosferiese era nuwe problematiek vir die onderskeid tussen die liedteks- en poësiegenres meebring – maar wat nie in hierdie artikel ondersoek kan word nie.en_US
dc.description.urihttp://www.literator.org.za/index.php/literator
dc.description.urihttp://dx.doi.org/10.4102/lit.v34i2.422
dc.language.isoAfrikaansen_US
dc.publisherOASISen_US
dc.titleRaak- en verskilpunte tussen gedigte en liedteksteen_US
dc.typeArticleen_US
dc.contributor.researchID22150242 - Odendaal, Bernardus Johannes


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record