’n Perspektief op ’n periode van kontak tussen Khoi en Afrikaans
Abstract
A perspective on a period of contact between Khoi and Afrikaans. In the search for the
roots of Afrikaans, early linguists focused on similarities between Afrikaans and Dutch. The
influence of non-European languages received little attention. In the course of time, the focus
of this field of study changed. Closer attention was paid to language in contact situations in
different regions where non-Dutch speakers, as well as Dutch speakers were involved. Data
gained from these studies contributed to a better understanding of the origin and history of
Afrikaans, and gave more answers to earlier unsolved questions. Discussed here are the details
and importance of the contact and the interchange of languages among groups in the interior
border area. Khoi-Afrikaans and stock farmers’ Afrikaans were both spoken in this region and
gradually modified between 1700 and 1800. This could easily have been the most important
phase in the history of Afrikaans, in which there were fundamental changes in the way the
language was spoken. The circumstances under which contact took place and the change in
social roles of these two languages are also discussed. Forms that were at first stigmatised as
Khoi-Afrikaans, later became part of the general Afrikaans vocabulary and grammar. The
central question is: How did this happen? The shifting of the norms regarding the spoken
language in the interior border area can be understood when the sociohistorical situation in
which these varieties of Afrikaans were used, is studied closely. One of the results of this
contact and interchange between languages, and the gradual shifting in norms that followed,
is discussed by way of illustration: the Khoi usage of ‘ons’ as subject and its integration into
everyday Afrikaans. OPSOMING: In ’n soeke na die wortels van Afrikaans het vroeë taalkundiges op die raakpunte tussen
Afrikaans en Nederlands gefokus. Die invloed van die nie-Europese tale het min aandag
gekry. Gaandeweg is ’n rigtingverandering in hierdie studies opgemerk. Taalkontaksituasies
in verskillende streke waarby nie-Nederlandssprekendes sowel as Nederlandssprekendes
betrokke was, is van nader bekyk. Daaruit het taalgegewens na vore gekom wat daartoe
bygedra het om die ontstaan en geskiedenis van Afrikaans beter te verstaan, en het al hoe
meer antwoorde op vroeër onopgeloste vrae duidelik geword. Die besonderhede en die
belangrikheid van taal in die kontaksituasie in die binnelandse Grensgebied word hier
bespreek. In hierdie kontakgebied is in die periode vanaf 1700 tot 1800 Khoi-Afrikaans en
Veeboerafrikaans gepraat. Dit kon moontlik die belangrikste fase in die geskiedenis van
Afrikaans gewees het, waartydens die manier waarop dit gepraat is, indringend gewysig is.
Die omstandighede waarin hierdie kontak plaasgevind het en die veranderende rolle van
die twee tale word bespreek. Vorme wat eers as Khoi-Afrikaans gestigmatiseer is, het later
die Afrikaans geword wat algemeen gebruik is. Hoe dit gebeur het, is die sentrale vraag
wat ter sprake kom. Hierdie normverandering in die Grensgebied kan verstaan word deur
die sosiohistoriese omstandighede waarin die variëteite van Afrikaans gepraat is van nader
te bekyk. Een van die gevolge van hierdie taalkontak en gepaardgaande normverandering
word ter illustrasie bespreek, te wete die Khoi-gebruik van ‘ons’ in onderwerpsposisie en die
inskakeling daarvan by algemeen erkende Afrikaans.
Collections
- Faculty of Humanities [2042]