Tinboektoe toe: ’n Ruimtelike ontdekkingsreis
Abstract
Tinboektoe toe: Spatial explorations. In order to develop and advance research in the creative
disciplines in a university context, it is important to create a space in which the expectations
in the formal research environment and the unique features of the creative disciplines are in
balance. To this end it is necessary to investigate more closely the challenges and possibilities
of practice-based research approaches, and to understand their internal functioning better. The
experimental and unique nature of artists’ books and the variety of activities that form part
of the creative process may bring about an increased awareness of the creative process, and
in that way it may also create space conducive for reflection. In this article the development
of an artist’s book, Tinboektoe toe, being discussed, from the perspective of the reflective
practitioner. This book, consisting of postcards, invited readers to literally and figuratively
become part of the space of the book, to participate in its writing and to make stories, in
order to dismantle and undermine the traditional boundaries of the narrative world and the
book. Although reader participation in the construct of meaning underpins all writing, it
became a deliberate and centrifugal force in this project, influencing the research themes and
possibilities. This specific and nuanced focus is probably only feasible if a creative project and
research issues are allowed to develop jointly organically. The project can be regarded as a
case where artistic practice is the subject, method, content and outcome of research. Practicebased
research must offer room for a journey of exploration and discovery. OPSOMING: Om navorsing in kreatiewe dissiplines binne universiteitskonteks
te bevorder, is dit belangrik
dat ’n ruimte geskep word waarin die verwagtinge uit die formele navorsingsomgewing
en
die unieke eienskappe van die kreatiewe dissiplines in balans verkeer. Hiervoor is dit nodig om
die uitdagings en moontlikhede van praktykgebaseerde navorsingsbenaderings van nader te
ondersoek, en die binnewerking daarvan beter te verstaan. Die eksperimentele en unieke aard
van kunstenaarsboeke en die verskeidenheid werksaamhede
wat deel van die skeppingsproses
is, kan ’n verhoogde bewussyn van die kreatiewe proses meebring, en sodoende ook ’n ruimte
vir besinnende nadenke bied. In die artikel word vanuit die perspektief van die besinnende
praktisyn, die ontwikkelingsgang van ’n eie kunstenaarsboek, Tinboektoe toe, bespreek. In die
bespreking word klem geplaas op die eksperimentele karakter van die navorsingsruimte
en die wisselwerking tussen konteks, kunstenaar, kunswerk en navorsingsfokus. Hierdie
boek, saamgestel uit poskaarte, het lesers uitgenooi om letterlik en figuurlik deel te word
van die ruimte van die boek, om saam te skryf en stories te maak, en om die tradisionele
grense van die verhaalwêreld en die boek op te hef. Alhoewel lesersdeelname aan betekenisvorming
onderliggend aan alle skryfwerk is, het dit ’n bewuste en middelpuntvlietende
krag
van hierdie projek geword. Gevolglik is die navorsingstemas en moontlikhede ook hierdeur
beïnvloed. Dié spesifieke en genuanseerde fokus kan waarskynlik slegs moontlik wees indien
toegelaat word dat ’n kreatiewe projek en navorsingsaangeleenthede
gesamentlik organies
ontwikkel. Die projek kan beskou word as ’n geval waarin kunspraktyk die onderwerp,
metode, inhoud en uitkoms van navorsing is. Praktykgebaseerde
navorsing moet ruimte bied
vir ’n ontdekkingsreis.
Collections
- Faculty of Humanities [2033]