The impact of Christian higher education on the lives of students and societies in Africa
Abstract
Corruption is a worldwide problem. Authors do not only agree that it should be addressed at a personal level, but they encourage everyone to become involved in the fight against corruption. For this to happen, individual transformation is a prerequisite. In this article, Chipapata, Fátima and Jacinto’s personal stories will bear witness to the potential role of Christian Higher Education (CHE) in the moral and spiritual transformation of individuals in local African communities. These three persons were extra-mural students enrolled at Hefsiba in Mozambique. That the impact of these three persons’ studies goes beyond the personal level is seen in the community in which they live and work. They consented to tell their stories starting with events before they commenced their studies, sharing experiences they had during their studies and describing how their studies impacted their lives, families, work and the community in which they live. In this article, the essence, purpose and content of CHE are addressed. It is argued that through CHE, students’ faith and education could be integrated. Apart from being competent in their professions, students would be committed to apply their competency to deal with the spiritual and material conditions of their communities. This might bring about a transformation of society.
OPSOMING: Die impak van Christelike Hoër Onderwys op die lewens van studente en gemeenskappe in Afrika. Korrupsie is ’n wêreldwye probleem. Outeurs stem nie net saam dat dit op persoonlike vlak aangespreek moet word nie, maar hulle moedig almal ook aan om betrokke te raak in die stryd teen korrupsie. Dit kan net gebeur as individuele transformasie reeds plaasgevind het. In hierdie artikel lewer Chipapata, Fátima en Jacinto se persoonlike verhale getuienis van die potensiële waarde van Christelike Hoër Onderwys (CHO) met betrekking tot die morele en geestelike transformasie van individue in plaaslike Afrikagemeenskappe. Hierdie drie persone was buitemuurse studente van Hefsiba in Mosambiek. Die impak van hierdie drie persone se studies strek verder as bloot hul persoonlike lewens. Dit is ook sigbaar in die gemeenskap waarin hulle woon en werk. Hulle het ingestem om hul verhale te vertel, beginnende by gebeure voor die aanvang van hul studies, hul ervarings tydens hul studies en hoe hul studies hul lewens, gesinne, werk en gemeenskap beïnvloed het. In hierdie artikel word die essensie, doel en inhoud van CHO aangespreek. Daar word geargumenteer dat studente se geloof en onderwys geïntegreer word deur CHO. Studente word dus nie net toegerus vir hul professies nie, maar behoort ook toegewyd te wees om konstruktief by die spirituele en materiële nood van hul gemeenskappe betrokke te raak. Dit mag moontlik ’n transformasie van die gemeenskap tot gevolg hê.
Collections
- Faculty of Theology [980]