Die geskiedenis van Standerton tot 1900
Abstract
Behalwe die werkie van P.G.L. Scholtz: Standerton, Gister en
Vandag, bestaan daar geen wetenskaplike werk van watter aard
ookal wat enigsins die lig op Standerton se verlede werp nie.
Inligting oor Standerton is verkry van reisbeskrywings, oor=
spronklike dokumente, publikasies, ens. Die Argief, Stander=
ton is in baie opsigte gebrekkig. Die inkomende stukke van
die landdros begin eers in 1881 en die brieweboeke ontbreek
totaal. Net so is dit gesteld met die dokumente afkomstig
van ander amptenare wat met die administrasie van die distrik
gemoeid was.
Die eerste notuleboek van die N.G. gemeente, Standerton, het
ook verlore geraak en het 'n leemte gelaat betreffende die
eerste agt jaar van die gemeente.
Nieteenstaande hierdie leemtes, is 'n poging aangewend om die
tydperk 1876 tot 1900 so volledig moontlik te beskryf.
Collections
- Humanities [2696]