Die geskiedenis van Krugersdorp, 1887-1900
Abstract
Die studie-onderwerp het, wat indringing en beskikbaarheid van literatuur betref, baie probleme opgelewer. Die sekondere bronne materiaal
was uiters ontoereikend en dit was moeilik om 'n geheelbeeld te kon
vorm van sake soos die gemeenskapslewe, die bevolkingsamestelling,
die fisiese ontwikkeling en die kultuurlewe. Die probleem is verder
bemoeilik deurdat die stukke van die gesondheidskomitee wat seker die
meeste inligting oor die ontstaan en ontwikkeling van die dorp vervat
het, verlore geraak het. Ongeordende dokumente in die argiefgroepe,
Krugersdorp, het die navorsingstaak verder bemoeilik sodat hierdie geskiedenis van Krugersdorp nie aanspraak op volledigheid kan maak nie.
Om enigsins aan die onderwerp reg te laat geskied, kon daar nie net
op die dorp gekonsentreer word nie; maar moes die onderwerp ook
benader word vanuit die invloed wat sekere gebeurtenisse aan die Witwatersrand op die dorp gehad het. Daar moes gevolglik aandag aan
sake gegee word soos die ontwikkeling van die goudvelde, die Jame soninval, die uitlandervraagstuk en die gespanne verhoudinge tussen Brittanje
en die Z.A.R. aan die vooraand van die Anglo-Boereoorlog.
As gevolg van gebre kkige navorsings resultate is hoofsaaklik van 'n
tematie se indeling van die onderwerp gebruik gemaak en is dit aangepak
langs die weg van 'n uitbeelding van die ontstaansgeskiedenis, die dorpsgroel,
kultuur en sport en is daar met die einde van die Republikeinse bewind
afgesluit.
Collections
- Humanities [2696]