Metateoretiese vertrekpunte ten opsigte van wetenskaplike navorsing in die Pastorale Wetenskap
Abstract
OPSOMING: Hierdie artikel is deel van ’n reeks oor die verrekening van die metateoretiese vertrekpunte
in die wetenskap van die Praktiese Teologie. Die eerste fase van die reeks bied die teoretiese
onderbou vir die werklikheids-, hermeneuties- en wetenskapsteoretiese beskouing van die
vak. Die tweede fase fokus op die invloed wat hierdie vertrekpunte op die wetenskaplike
navorsing van die verskillende vakgroepe in die Praktiese Teologie het. Hierdie artikel handel
oor die wetenskaplike benaderingswyse tot die navorsingsveld van die Pastorale Wetenskap.
In hierdie navorsingsartikel word die persoonlike metateoretiese perspektief waarmee die
vakgebied van die Pastorale Wetenskap benader word, uitgespel en verantwoord ten opsigte
van die volgende aspekte: die werklikheidsbeskouing waarmee daar op die navorsingsveld
van die Pastorale Wetenskap gefokus word; die onderbou van die hermeneutiese beskouing
wat nodig is om tot ’n verstaan te kom van die elemente in die Pastoraat en om tot ’n
verantwoordbare verhouding tussen te kom van die elemente wat in die Pastoraat ter sprake is;
en ten slotte, om die wetenskapsteoretiese benadering te beskryf waarmee die navorsingsveld
van die Pastorale Wetenskap op ’n wetenskaplik-verantwoorde wyse ondersoek kan word. ABSTRACT: Metatheoretical assumptions in scientific pastoral-theological research. This article is part
of a series about taking into account the metatheoretical assumptions in scientific practicaltheological
research. The first part of this series gives the theoretical foundation for the view on
reality-, hermeneutical- and scientific-theoretical approaches to the research field. The second
part focuses on the effect these assumptions will have on the scientific research of the various
subject groups in Practical Theology. This article describes the scientific approach to the research
field of pastoral care. This research article describes the personal metatheoretical perspective
from which the subject area is approached and gives account of the following: the view on
reality with which the research field of Pastoral Science is studied; the foundation on which
the hermeneutical viewpoint is built to attain an understanding and a founded relationship
between the elements that are applicable in Pastoral Science; and, in the last instance, to describe
the scientific theoretical approach to the research field in a justified manner.
Collections
- Faculty of Theology [980]