• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Humanities
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Humanities
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    H.G. Stoker (1999-1993) as Christelike filosoof: ’n Historiese legende en ikoon, of nog steeds ’n kontemporêre mentor?

    Thumbnail
    View/Open
    2013H.G._Stoker.pdf (499.4Kb)
    Date
    2013
    Author
    Van der Walt, Barend Johannes
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    ’n Tradisie, wat ’n filosofiese tradisie insluit, kan alleen lewend bly as die verhaal daarvan aan die jonger geslag oorvertel word. Daarom bied hierdie inleidende en oorsigtelike artikel aan die leser iets oor die unieke filosofie van die Suid-Afrikaanse denker, Henk Stoker. Ter inleiding behandel dit die moontlike redes waarom sy denke in Suid-Afrika en elders vandag relatief onbekend is en minder invloedryk was in vergelyking met dié van die twee ander vaders van ’n reformatoriese filosofie, naamlik Dirk H.Th. Vollenhoven en veral Herman Dooyeweerd. Daarna word aandag geskenk aan die Suid-Afrikaanse milieu waarbinne sy filosofie gebore is. Die moontlike interne en eksterne teologiese en filosofiese invloede van veral Herman Bavinck (1854–1921) en Max Scheler (1874–1928) word behandel. Vervolgens word op enkele van Stoker se oorspronklikste bydraes tot die Christelik-filosofiese tradisie gewys. ’n Vlugtige blik word op die wedersydse kritiek tussen Stoker, Dooyeweerd en sekere leerlinge van Dooyeweerd gewerp. Ten slotte kan daar, in die lig van hierdie onderlinge verskille, sekere wanopvattings reggestel word, byvoorbeeld dat ’n Reformatoriese filosofie ’n statiese en geslote sisteem is.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/13963
    http://dx.doi.org/10.4102/ids.v47i1.85
    http://www.indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/86
    Collections
    • Faculty of Humanities [2042]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV