• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Law
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Law
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Derrivative misconduct as a ground for dismissal

    Thumbnail
    View/Open
    vandervyver_margarethaj.pdf (3.350Mb)
    Date
    2005
    Author
    Van der Vyver, Margaretha Jacoba
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    In die Chauke & others v Lee Service Centre t/a Leeson Motors saak is al die personeel van die werkgewer ontslaan, alhoewel die werkgewer nie die skuldige kon identifiseer nie. Die vraag hier teenwoordig was: kan die werkgewer al die personeel ontslaan, omrede die werknermers nie die werkgewer met inligting wou voorsien om hom te help met die opsporing van die skuldige nie? Is dit regverdig om 'n werknemer te ontslaan as hy of sy nie die primêre wangedrag gepleeg het nie en op watter gronde kan hierdie ontslag gemotiveer word? Wat dit dus op neerkom is, kan die werkgewer sy werknemers ontslaan as gevolg van afgeleide wangedrag? En wat vorm hierdie regsgronde vir ontslag? Die skripsie kyk veral na die vertrouensverhouding wat daar tussen 'n werkgewer en werknemer is, en hoe afgeleide wangedrag hierdie vertroue kan verbreek. En wat dit dan vir die werkgewer en sy onderneming beteken in die lig van dat die werkgewer nie met oneerlike en onbetroubare werknemers wil werk nie. Daar word gekyk na wat wangedrag behels en wanneer is 'n werknemer skuldig daaraan. Asook wat dit vir die werkgewer beteken as daar 'n werknemer(s) skuldig is aan wangedrag en die skuldige(s) nie geïdentifiseer kan word nie. Daar is drie soorte konsepte wat vroeër gebruik is om hierdie wangedrag te definieer, naamlik: "the concept of collective misconduct, common purpose and collective guilt". Toe kom Grogan met die nuwe konsep van afgeleide wangedrag. Daar is verder gekyk na die ooreenkomste tussen die strafreg en die arbeidsreg, en die gevolgtrekking wat gemaak is, is dat afgeleide wangedrag baie nou ooreenstem met die van 'n medepligtige, maar nog meer in lyn is met die van begunstiging. Verder is daar gekyk na die delikte reg, om te bepaal of die werknemer vir 'n delik aanspreeklik gehou kan word. En wat is die sanksies wat daar bestaan en of dit nie ook in die arbeidsreg toegepas kan word nie. Daar is ook gekyk na die geval van aahoudende diefstal, byvoorbeeld voorraad wat konstant verminder, en hoe die werkgewer te werk moet gaan om hierdie probleem om te los. Die Engelse reg het nogal heelwat te s6 oor die onderwerp van afgeleide wangedrag. Hulle maak gebruik van 'n ondersoekproses, wat die werkgewer dan bystaan met die probleem van afgeleide wangedrag. Hierdie proses sal ook baie goed werk in ons regsisteem, dit stem ook saam met ons bepalings van die Grondwet. My gevolgtrekking is dat Suid- Afrika gebruik moet maak van die proses om afgeleide wangedrag te stop.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/1174
    Collections
    • Law [834]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV