Die verbond – van Ou Testament na Nuwe Testament
Abstract
Die verbondsbegrip het in die Ou Testamentiese wetenskap weer ’n plek gekry op grond van die werk van Eichrodt en die studie van ooreenkomste tussen die verbond in die Ou Testament en die buite-Bybelse staatsverdrae, sedert die werk van Korosec,Mendenhall en baie ander. Natuurlik bestaan hieroor nie eenstemmigheid nie, veral omdat oor die ouderdom van die verbondsgedagte in die Ou Testament nie eenstemmigheid bestaan onder geleerdes nie. Die studie van die verbond in die Nuwe Testament het egter nie naastenby dieselfde aandag gekry nie – iets wat miskien as een van die redes vir die ontkenning van die waarde van die verbond vir Nuwe Testamentiese gelowiges beskou kan word. In hierdie studie word drie sake aangeraak, nl. die terminologie vir verbond in die Ou en Nuwe Testament, die agtergrond vir en belangrikste vorme van die verbond in die Ou Testament en enkele opmerkings oor die verbond in die Nuwe Testament.