• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Models of scholarship in the reformed tradition

    Thumbnail
    View/Open
    Coletto_R.pdf (2.238Mb)
    Date
    2002
    Author
    Coletto, Renato
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Hierdie studie is 'n vergelyking en evaluering van sekere "modelle" vir Christelike wetenskap wat voorgestel en ontwikkel is deur Reformatoriese denkers (in sommige gevalle vanaf die 1930s ). Hierdie modelle het die veronderstelling in gemeen dat 'n bybels-sensitiewe wetenskap moontlik en noodsaaklik is. Maar die voorstelle om so 'n wetenskap te implementeer en te bevorder bevat groot verskille in klem en strategie. Afgesien van periodieke verwysings na Kuyper se sienings, is veral die modelle van die (1) Dooyeweerdiaanse en (2) Reformatoriese skole, die (3) Van Til-beweging, (4) Jakob Klapwijk en (5) Nicholas Wolterstorff geanaliseer. Die evaluering van elke model fokus op vier hoof areas: 1) Die verband tussen Skriftuur en wetenskap met spesifieke aandag aan die oorbruggingsmeganismes wat nodig geag word, of meer geskik geag word as andere, om 'n band tussen die twee te bewerkstellig. 2) Die verwantskap tussen wetenskappe (ensiklopedie van die wetenskap). Die gevolglike hiërargie tussen wetenskappe en die superioriteit van sommige van hulle met betrekking tot ander. 3) Die verstaan van religieuse antitese en die gevolg vir konkrete wetenskapsbeoefening. 4) Die siening van wetenskap wat in elke model na vore tree. Met hierdie analise word gepoog om die sterk en swak punte van elke model uit te wys en om te fokus op elke probleemareas in 'n poging om 'n bydrae te maak vanuit 'n Bybelse oogpunt. Die vergelyking toon aan dat die mees onlange modelle nie altyd 'n verbetering op vorige standpunte is nie. Hoewel evaluerings en opmerkings deurgaans in die studie gedoen is, formuleer ek in die laaste hoofstuk my eie siening duideliker. In sommige areas stem ek min of meer saam met die standpunte van 'n spesifieke model. In ander opsigte voel ek dat 'n nuwe benadering nodig is en probeer ek dus voorstelle ter vernuwing aan die hand doen.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/10966
    Collections
    • Humanities [2697]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV