• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Law
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Law
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    The use of digital data as evidence in the south African law

    Thumbnail
    View/Open
    nel_alma.pdf (60.09Mb)
    Date
    2005
    Author
    Nel, Alma
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die groeiende gebruik en wye strekking van tegnologie gedurende die afgelope paar jare, het 'n nuwe tipe bewysmateriaal geskep wat in beide siviele en kriminele sake gebruik word: sogenaamdedigitale bewysmateriaal. Soos tegnologie verander moet die reg ook verander. Die reg moet aanpas om by te hou met die konstante veranderinge van tegnologie. Weens die mens se daaglikse afhanklikheid van tegnologie, en die groter invloed daarvan in siviele en kriminele aangeleenthede, word besondere uitdagings geskep vir die tradisionele reëls van die hedendaagse Suid-Afrikaanse bewysreg. Die regulering, verkryging en bewaring van digitale bewysmateriaal veroorsaak 'n leemte in die bestaande Suid-Afrikaansereg. Om digitale data se gebruik as bewysmateriaal in 'n Suid-Afrikaanse hof te vergemaklik moet die Suid-Afrikaanse reg met verwysing na digitale data verander. Die effektiewe bewaring van digitale data, wat ook die integriteit en oorspronklikheid daarvan sal verseker, moet na gekyk word. Weens die aard van rekenaar-genereerde en digitale bewysmateriaal word dit as broos beskou. Dit kan maklik verander en onttrek word en is moeilik om 'n onderskeid te tref tussen die oorspronklike en kopieë daarvan. Die bewaring en dokumentering van digitale bewysmateriaal vereis daarom spesiale aandag. Nuwe tegnieke en prosedures word vereis en moet ontwikkel word sodat dit gebruik kan word om die behoud van die integriteit van die digitale data te kan verseker. Die Suid-Afrikaanse reg met betrekking tot digitale bewysmateriaal word tans grotendeels gereguleer deur die Elektroniese Transaksies en Kommunikasie Wet 25 van 2002. Hierdie wetgewing is baie wyd geformuleer en bevat geen definisie van digitale bewysmateriaal nie. Die wetgewing skryf ook nie die nodige tegnieke en prosedures wat toegepas moet word om die integriteit van digitale bewysmateriaal te verseker voor nie. Hierin word 'n studie gedoen van die reeds bestaande regsreëls en regulasies van toepassing op digitale bewysmateriaal in beide die Suid-Afrikaanse en Amerikaanse regstelsels. Die Amerikaanse regstelsel het verskeie wetgewing, regspraak en institusionele reëls en regulasies wat die gebruik van digitale data as bewysmateriaal vergemaklik. Hierdie wetgewing, regspraak en institusionele reëls en regulasies maak wel voorsiening vir spesifieke tegnieke en prosedures wat gevolg moet word gedurende 'n ondersoek na digitale bewysmateriaal deur rekenaar forensiese inspekteurs om die integriteit van die digitale data te verseker. Daarna word 'n regsvergelyking gedoen tussen die twee regstelsels om moontlike oplossings te lewer vir die probleem wat tans ervaar word in Suid-Afrika met betrekking tot die gebruik van digitale data as bewysmateriaal in 'n Suid-Afrikaansehof.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/1025
    Collections
    • Law [834]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV