Richards Bay.
Abstract
• Opsomming:
Die ontwikkellng van die hawe van Richardsbaai, geleë aan die Mhlatuze-strandmeer in Zoeloeland, het eers in die jare sewentig van hierdie eeu 'n aanvang geneem. Voorheen is dit hoofsaaklik as 'n
hengel- en vakansieoorde vir die inwoners van die naburige Empangeni gebruik. Vroeër is wel verskeie pogings aangewend om 'n hawe aan die Mhlatuze-strandmeer uit te lê maar die ondernemings het nie een die beplanningstadium oorleef nie. Hierdie artikel handel oor die naamgewing en ontwikkeling van Richardsbaai - van 'n aanvanklike winkel/ hotelsentrum tot 'n gesogte visvangplek en vakansieoord na die Tweede Wêreldoorlog, en uiteindelik 'n florerende uitvoerhawe. Dit het inderdaad die nywerheidsgroeipunt vir Zoeloeland geword. • Summary:
The development of Richards Bay, on the Mhlatuze Lagoon in Zululand, as a harbour was an event of the 1970s. Before this it had primarily been used as a fishing and vacationing spot by the inhabitants of nearby Empangeni. However, there had been numerous attempts to establish a harbour on the Mhlatuze Lagoon but none of them got beyond the planning stage. This article deals with the naming and development of Richards Bay. Starting as a trading store-cum-hotel, it became a favourite fishing spot and a holiday resort after World War II, and finally a thriving export harbour. It has now become the industrial growth point of Zululand.