The temple at Melrose.
Abstract
• Opsomming:
Menige besoeker aan die Blanke-woonbuurt Melrose in die noorde
van Johannesburg is verbaas om 'n ongewone hout-en-sinkgebou
daar aan te tref. Dit is die Melrose-Hindoe-tempel wat meer as vyf
en sewentig jaar gelede opgerig is. Talle probleme insake die eienaarskap
van die grond waarop die tempel gebou is, het in die verlede
opgeduik, maar is mettertyd oorbrug. Die tempel wat in 1981 tot
nasionale gedenkwaardigheid verklaar is, word vandag steeds as plek
van aanbidding en meditasie gebruik en is 'n gepaste huldeblyk aan
die pioniers van die Johannesburgse Hindoe-gemeenskap. • Summary:
Many people visiting the White suburb of Melrose in northern
Johannesburg are surprised to find a quaint wood-and-iron building
there. This is the Melrose Hindu Temple built more than three-quarters
of a century ago. Over the years there were numerous
problems connected with the ownership of the land on which it was
built but these problems were eventually overcome. Today it is still
used as a place of worship and meditation. It was declared a national
monument in 1981. This declaration was a fitting tribute to the early
pioneers of the Johannesburg Hindu community.