• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Journals
    • New Contree
    • New Contree: 2009 No 57
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Journals
    • New Contree
    • New Contree: 2009 No 57
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Southern Africa, regionalism and the SADC.

    Thumbnail
    View/Open
    No_57(2009)_Kirsten_JF.pdf (892.0Kb)
    Date
    2009
    Author
    Kirsten, Johan F
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    • Opsomming: Suider-Afrika is `n belangrike streek in Afrika waar politieke en ekonomiese samewerking tussen state reeds dekades gelede `n aanvang geneem het. Dit was die geval selfs voor Uniewording in 1910, maar sedert die 1990`s het dit dramaties toegeneem. Die veranderde realiteit met betrekking tot regionalisme in Suider-Afrika het saamgeval met die beëindiging van Apartheid in Suid-Afrika en die gepaardgaande normalisering van internasionale verhoudinge in die streek. Dit is ook die geval dat die groei van regionalisme in Suider-Afrika en die positiewe ekonomiese en veiligheidsamewerking tussen die state van die streek wat daaruit gevloei het, direk verband hou met die beëindiging van die burgeroorloë in Mosambiek (1992) en Angola (2002) en die endemiese algemene konflik wat so kenmerkend van Afrika was in die tweede helfte van die twintigste eeu. Die “wedloop om Afrika” en die eksterne buitelandse koloniale belange wat daarmee saamgeval het, het natuurlik baie bygedra tot die gebrek aan eenheid in Afrika. Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het midde-in hierdie onstuimige historiese omstandighede sy beslag as regionale organisasie in die sub-kontinent gekry. Veral sedert 1994 het politieke en ekonomiese interaksie skerp gegroei en het `n definitiewe regionale identiteit en bewussyn in Suider-Afrika begin ontwikkel. Regionalisme in Suider-Afrika word natuurlik spesifiek met die SAOG geassosieer as `n internasionale organisasie met `n tweeledige doel, naamlik die bevordering van ekonomiese integrasie en die versterking van regionale solidariteit , vrede en veiligheid in die streek. Die vraag is waar die SAOG in 2009 staan in die realisering van sy doelwitte en watter struikelblokke in die weg staan van sy suksesvolle funksionering.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/5253
    Collections
    • New Contree: 2009 No 57 [9]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV