Show simple item record

dc.contributor.advisorVan der Merwe, A.P.S.
dc.contributor.advisorVan der Spuy, P.
dc.contributor.authorFaber, Pieter Coenraad
dc.date.accessioned2009-02-11T13:23:52Z
dc.date.available2009-02-11T13:23:52Z
dc.date.issued2004
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/493
dc.descriptionThesis (LL.M. (Import and Export Law))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2005.
dc.description.abstractHandelsmerke het verskeie funkies waarvan die van 'n kenteken van oorsprong een is. Ander funksies is onder andere om te dien as 'n kenteken van kwaliteit of as advertensie of bemarkingsmeganisme. Wanneer 'n handelsmerk op die lnternet gebruik word, is sodanige gebruik buite die geografiese area van Suid Afrika weens die eiesoortige aard van die lnternet. Dit word dus moeiliker vir 'n klient om 'n spesifieke handelsmerk aan 'n spesifieke handelaar te koppel, veral as die handelsmerk gedeeltelik steun op die geografiese ligging van die handelsmerkeienaar om onderskeidend te wees. lnternethandel word al hoe meer belangrik vir die Suid Afrikaanse handelaar en daarom is dit belangrik dat die handelsmerke van Suid Afrikaanse handelaars teen onregmatige gebruik op die lnternet beskerm word. Hierdie beskerming is veral belangrik vir Suid Afrikaanse handelaars omdat Suid Afrika se ekonomie steun op industrie soortgelyk aan die toerismebedryf wat primer geken word aan die geografiese ligging van die handelaar en sy gepaardgaande dienste en goedere. Die geografiese aanknooppunte verhoed dat 'n koper die oorsprong van die Suid Afrikaanse handelaar en sy handelsmerk misken vir die van 'n ander handelaar wat 'n soortgelyke handelsmerk of kenteken gebruik. Die vraag is dus of 'n topvlakdomeinnaam ("TVD"), veral 'n landkode domeinnaam ("IkTVD") soos die .za topvlakdomein, wat gekoppel word aan die Suid Afrikaanse geografiese area, gebruik kan word om geografiese oorsprong aan te dui op die lnternet? Veral wanneer dit gebruik word saam met 'n tweedevlak domein om sodoende inbreukmaking of onbillike gebruik van 'n soortgelyke merk op die .za domein deur 'n ander handelaar te verhoed. Om die vraagstuk te beantwoord is eerstens gekyk of 'n lkTVD as deel van 'n handelsmerk geregistreer kan word in terme van die bepalings van die Wet op Handelsmerke 194 van 1994 en of dit sodoende geografiese oorsprong van die handelaar en sy gepaardgaande dienste en goedere, kan aandui en onderskei. Dit is bevind dat 'n domeinnaam we1 as deel van 'n handelsmerk geregistreer kan word en dat dit in sulke omstandighede wat die oorsprong van die handelaar en sy gepaardgaande dienste of goedere, as die van die spesifieke Suid Afrikaanse handelaar kan aandui. Die gevolgtrekking is gemaak omdat dit bevind is dat die IkTVD, wat geregistreer is as deel van die handelsmerk, we1 deel sal vorm van die dominante indruk wat geskep word deur die handelsmerk. Sodoende sal gebruik van 'n soorgelyke merk op dieselfde lkTVD we1 verwarrend en misleidend wees, veral as die inbreukmaker nie gewoonlik in Suid Afrika handel dryf nie. Verder is bevind dat die vereiste dat die inbreukmakende merk in die loop van handel gebruik moet word wel vervul sal wees as 'n ander soortgelyke merk deur 'n ander handelaar op die lkTVD gebruik word om besigheid te lok. Die Wet op Handelsmerke vereis dus nie dat die inbreukmakende handelaar wel besigheid doen nie, maar slegs probeer om sodanige besigheid te lok. Dit is egter bevind dat waar die lkTVD nie deel vorm van die handelsmerk nie, sal die lkTVD nie gebruik kan word deur die Suid Afrikaanse handelsmerkeienaar wanneer hy hom beroep op die inbreukmakingsverbod in die Wet op Handelsmerke. Handelsmerkeienaars wat nie die IkWD as deel van die handelsmerk geregistreer het nie, kan hulle wel beroep op wetgewing wat die advertensiewaarde van die merk in samehangende gebruik met die IkTVD beskerm. Sodanige beskerming word gevind in beide die Wet op Handelspraktyke 76 van 1976 en die Wet op Verbruikersake (Onbillike sakepraktyke) 71 van 1988. Dit is bevind dat beide hierdie wette gebruik kan word deur 'n Suid Afrikaanse handelsmerkeienaar of handelskentekeneienaar om onbillike gebruik van die .za TVD ten opsigte van vewarrende en misleidende domeinname te verhoed of te beeindig. Dit is bevind dat in sulke omstandighede die IkTVD wel bydra tot die advertensiewaarde van die merk soos gebruik op die Internet deur die inbreukmakende gebruiker. Laastens is verwys na die Wet op Elektroniese Kommunikasies en Transaksies 25 van 2002. Die raad wat in terme van die wet aangestel rnoet word en wat beheer sal uitoefen oor die .za dornein is egter tot hede nie aangestel nie en dus vir tyd en wyl is die bepalings onder die wet nog nie effektief afdwingbaar nie. Onbillike gebruik van 'n verwarrende en misleidende tweedevlak dorneinnaam op die .za domein word ingevolge die wet deur die Wet op Verbruikersake aangespreek en die Wet op Elektroniese Kommunikasies en Transaksies het dus nie sy eie bepalings vir die verhoed en aanspreek van sodanige onbillike gebruik nie. Die wet maak wel voorsiening dat die Minister van Komrnunikasie sekere beperkings kan plaas ten opsigte van wie 'n .za domein mag registreer. Sodoende kan verligting teen onbillike gebruik wel in die toekoms, aan Suid Afrikaanse handelaars wat die .za dornein vir besigheid gebruik, verleen word.
dc.publisherNorth-West University
dc.titleThe legal implications of the origin indicator contained in country code domain names in relation to trademarksen
dc.description.thesistypeMasters


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record