Show simple item record

dc.contributor.advisorKirsten, Johanita
dc.contributor.authorKotzé, T.N.
dc.date.accessioned2019-03-12T07:23:25Z
dc.date.available2019-03-12T07:23:25Z
dc.date.issued2018
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/31965
dc.descriptionMA (Afrikaans en Nederlands), North-West University, Vaal Triangle Campus, 2018en_US
dc.description.abstractIn navorsing oor Afrikaans is voorsetsels ʼn sintaktiese kategorie wat nog nie baie bestudeer is in diachroniese studies van taalverandering nie. Voorsetsels, meer spesifiek voorsetselverbindinge, het reeds baie aandag geniet in die sinchroniese navorsing deur onder andere Raidt (1969), Kempen (1976; 1984), Ponelis (1984), en Messerschmidt en Bergh (2011). Die diachroniese navorsing oor voorsetselgebruik is egter beperk tot die navorsing van Raidt (1976), Scholtz (1980), en Ponelis (1993) oor die herkoms van voorwerpskonstruksies met vir. Ander studies, soos dié van Taljaard (1988), het gepoog om spesifiek ondersoek in te stel na of taalgebruikers normatiewe aanbevelings volg in hulle taalgebruik met betrekking tot voorsetsels. In die Afrikaanse navorsingsgemeenskap is die rol en invloed van preskriptivisme op taalgebruik en -verandering nog nie baie ondersoek nie. Enkele studies, deur onder andere Kirsten (2013; 2016) en Van Rooy en Kruger (2015), het begin om hierdie gaping te vul deur die invloed van normeringspraktyke op taalverandering in Afrikaans ondersoek. Hierdie studie bou voort op die bogenoemde navorsing deur ondersoek in te stel na die veranderende gebruik van geselekteerde Afrikaanse voorsetsels en die moontlike rol van preskriptivisme daarin. Die studie beoog om drie navorsingsvrae te beantwoord: die eerste vraag fokus op wat die aard en omvang van die verandering in die gebruik van geselekteerde Afrikaanse voorsetsels vir die periode 1911-2010 behels; die tweede en derde vrae beoog om te bepaal of normatiewe aanbevelings ʼn invloed op die veranderende gebruik van Afrikaanse voorsetsels tussen 1911 en 2010 gehad het. Vir die doel van hierdie studie is die Historiese korpus van geskrewe, wit, Standaardafrikaans (Kirsten, 2016) gebruik om die veranderende gebruik van die onderskeie voorsetsels tussen 1911 en 2010 en wat by hierdie studie betrek is te bestudeer. Die korpusdata is geanaliseer aan die hand van die voorstellingsfunksie vanuit funksionele sintaksis. Beginsels vanuit die voortkomende grammatika, met betrekking tot tekstuele en konseptuele frekwensie, is gebruik om die prototipiese en algemene gebruike van die onderskeie voorsetsels te identifiseer ten einde die veranderende gebruik van die onderskeie voorsetsels te beskryf en te verklaar. Diagrammatiese voorstellings vanuit kognitiewe grammatika is voorts gebruik om ʼn skematiese voorstelling van die mees algemene en prototipiese gebruike van elke voorsetsel te bied ten einde die gebruike in meer besonderhede te verduidelik. ʼn Kwantitatiewe grammatikografie, bestaande uit 40 bronne, is vir die doel van hierdie studie saamgestel om te bepaal of normeringspraktyke ʼn invloed op die veranderende gebruik van die voorsetsels bestudeer in hierdie studie gehad het. Daar is ondersoek ingestel na die veranderende gebruik van vyf algemene Afrikaanse voorsetsels, onderskeidelik: • Vir: Sedert die 1940’s is daar ʼn toename die totale gebruiksinstansies van vir in die korpus. Die voorsetsel word prototipies gebruik as deel van begunstigdes saam met konkrete en kommunikasieprosesse. Hierdie gebruik, asook die gebruik van vir saam met adjunkte van oorsaak, is aan die toeneem. • Aan: Die voorsetsel aan is sedert die 1940’s aan die afneem in die korpus. Die voorsetsel word prototipies gebruik as deel van begunstigdes saam met konkrete en kommunikasieprosesse. Die prototipiese gebruik neem ook beduidend af in gebruik as gevolg van moontlike Engelse beïnvloeding op die voorsetsel vir. • Deur: Die prototipiese gebruik van deur is om akteurs in agenthebbende passiewe konkrete prosesse in te lei. Die veranderende gebruik van die voorsetsel deur is nie as gevolg van die veranderende gebruik van die voorsetsel op sigself nie, maar eerder as gevolg van die veranderende gebruik van passiefkonstruksies oor die korpus heen. • Met: Sedert die 1940’s is die gebruik van die voorsetsel met geleidelik en beduidend aan die toeneem in die korpus. Dit word prototipies gebruik as deel van adjunkte van wyse in die korpus. • In: Die gebruik van die voorsetsel in is sedert die 1910s geleidelik en beduidend aan die toeneem in die korpus. In word prototipies gebruik as deel van lokatiewe adjunkte in die korpus. Die gevolgtrekking is uiteindelik dat daar oor die korpus heen beduidende veranderinge in die gebruik van al die bogenoemde voorsetsels is. Die waargenome veranderinge met betrekking tot die totale gebruik van die voorsetsels in die korpus, is in die meeste gevalle ten nouste verbind met veranderinge waargeneem in die prototipiese gebruike van die onderskeie voorsetsels. Vanuit die analises wil voorkom dat normeringspraktyke geen blywende invloed op die gebruik van die vyf voorsetsels te hê nie, en die enigste van die vyf voorsetsels in hierdie studie wat moontlik veranderinge in gebruik toon as gevolg van Engelse beïnvloeding, is vir en aan.en_US
dc.language.isoAfrikaansen_US
dc.publisherNorth-West Universityen_US
dc.subjectCognitive grammaren_US
dc.subjectEmergent grammaren_US
dc.subjectFrequencyen_US
dc.subjectLanguage changeen_US
dc.subjectPrescriptivismen_US
dc.subjectQuantative grammaticocographyen_US
dc.subjectShort-term diachronic comparable corpus linguisticsen_US
dc.subjectPrepositionsen_US
dc.subjectPrescriptivismen_US
dc.subjectRepresentational functionen_US
dc.titleʼn Eeu van verandering in die gebruik van geselekteerde Afrikaanse voorsetsels en die moontlike rol van preskriptivisme daarinen_US
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeMastersen_US
dc.contributor.researchID20282591 - Kirsten, Johanita (Supervisor)


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record