Die identifisering van fenielbottersuur aromatiese metaboliete in die urien van die blou-aap
Loading...
Date
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Abstract
Phenylbutyrate (PBA) is used as treatment of urea cycle disorders and as an alternative
treatment option for adrenoleykodystrophy, has neuroprotective
effects and provides
protection against oxidative stress. Known metabolites of phenylbutyrate in humans and
primates are phenylacetate and phenylacetylglutamine and in rats, phenylacetylglycine.
Neither the metabolite(s) responsible for PBA toxicity nor the identification of missing
metabolites is known. This study confirms and identifies known metabolites in the urine
of the vervet monkey previously found in human and rats and report the identification
of new aromatic metabolites. These new metabolites originate from monooxygenase,
dihydroorotase and β-oxidation byproducts
Fenielbottersuur (PBA) word as ’n behandeling vir ureum sikliese defekte gebruik, as alternatiewe behandeling vir adrenoleukodistrofie en dit besit ook ’n neurobeskermende effek teen oksidatiewe stres. Bekende metaboliete van fenielbottersuur in die mens en primate is fenielasynsuur en fenielasetielglutamien, terwyl fenielasetielglisien by rotte voorkom. Tans is die metaboliet(e) wat vir fenielbottersuur se toksisiteit verantwoordelik is en die identiteit van ontbrekende metaboliete nog onbekend. Die huidige studie identifiseer en bevestig die teenwoordigheid van metaboliete, wat voorheen in beide die mens en rot se urine gevind is, in die urine van die blou-aap. Hierbenewens is aromatiese metaboliete, wat voorheen onbekend was, in die urine van die blou-aap geïdentifiseer. Hierdie nuwe metaboliete vind moontlik hul ontstaan via mono-oksigenase, dehidro-orotase en as β-oksidasie byprodukte.

Description
Citation
Van der Linde, W.J. et al. 2018. Die identifisering van fenielbottersuur aromatiese metaboliete in die urien van die blou-aap. Suid-Afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie, 37(1). [https://hdl.handle.net/10520/EJC-10ce1390f6]