Show simple item record

dc.contributor.advisorHattingh, W.J.
dc.contributor.advisorMinnie, F.G.
dc.contributor.authorJoubert, D.
dc.date.accessioned2018-10-11T13:02:09Z
dc.date.available2018-10-11T13:02:09Z
dc.date.issued2018
dc.identifier.urihttps://orcid.org/0000-0003-3891-8645
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/31366
dc.descriptionMA (Pastoral Studies), North-West University, Potchefstroom Campus
dc.description.abstractDie roeping tot voltydse Christelike bediening stel unieke uitdagings aan die pastor as persoon. Alhoewel die pastor weliswaar bevrediging daaruit kan put, is die aard van Christelike bediening baie veeleisend. Buiten die algemene uitdagings wat dit aan die pastor as mens stel, mag daar ook uitdagings wees wat eie is aan die AGS-konteks wat verdere druk op die AGS-pastor plaas. In hierdie studie word die AGS-pastor se belewing van pastorale druk asook die wyse waarop hy/sy dit hanteer, ondersoek. In die lig hiervan het die volgende navorsingsvraag aan die lig gekom: Watter prakties-teologiese riglyne kan aan pastors in die AGS-konteks gebied word om pastorale druk die hoof te bied?. Die doel van hierdie navorsing behels om uiteindelik riglyne daar te stel vir die formulering van ’n holistiese Skrifgefundeerde selfsorgpraktyk wat die pastor moontlik kan help om pastorale druk te hanteer en sodoende meer effektief in die uitvoering van sy/haar lewenstaak en roeping te wees. Die studie is gedoen met die prakties-teologiese model van Osmer as uitgangspunt wat die volgende behels: • die normatiewe taak waar perspektiewe uit die Skrif rakende die onderwerp nagevors is; • die interpretatiewe taak waarvolgens materiaal in ander vakdissiplines bestudeer is; • die deskriptief-empiriese taak waar empiriese navorsing deur middel van onderhoude gedoen is; • en die pragmatiese taak waar nuwe pastorale riglyne daargestel is vir die formulering van ’n holistiese Skrifgefundeerde selfsorgpraktyk. Die normatiewe taakgedeelte van die navorsing het aangedui dat daar definitiewe riglyne in die Bybel is betreffende die pastor se belewing van pastorale druk en sy hantering daarvan. God praat deur en gee leiding in sy Woord aangaande pastors en hul belewing en hantering van pastorale druk. Die interpretatiewe taakgedeelte van die studie het getoon dat daar heelwat navorsing gedoen is oor hierdie onderwerp, maar nie ten opsigte van die AGS-konteks nie; daar is bevind dat daar veelvuldige riglyne ten opsigte van die pastor as ’n holistiese mens bestaan en dat daar talle oorsake is wat aanleiding tot die pastor se belewing van pastorale druk gee; die gevolge en effek daarvan op hom/haar as persoon is ook aangedui. Die navorsingsgegewens wat deur die empiriese studie na vore gebring is, het die normatiewe en interpretatiewe taaknavorsing bevestig. Die konsep van selfsorg en die noodsaaklikheid daarvan vir die AGS-pastor is aangedui. Praktyk-teoretiese riglyne is hierna geformuleer op grond van die hermeneutiese interaksie tussen die verskillende navorsingskomponente. Riglyne vir die formulering van ’n holistiese Skrifgefundeerde selfsorgpraktyk is vir die pastor daargestel. Na aanleiding van die navorsingsvraag, die sentrale teoretiese argument en die navorsing wat in hoofstukke 2 tot 5 gedoen is, word as finale gevolgtrekking gestel dat ’n holistiese Skrifgefundeerde selfsorgpraktyk vir die pastor van uiterste belang is om sodoende pastorale druk effektief te hanteer.en_US
dc.language.isootheren_US
dc.publisherNorth-West Universityen_US
dc.subjectAGS (Apostoliese Geloofsending)en_US
dc.subjectpastoren_US
dc.subjectpastooren_US
dc.subjectbedieningen_US
dc.subjectpastorale druken_US
dc.subjectbelewingen_US
dc.subjecthanteringen_US
dc.titleAGS-pastore se belewing van pastorale druk en hul hantering daarvanen_US
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeMastersen_US
dc.contributor.researchID21210179 - Hattingh, Willem Johannes (Supervisor)
dc.contributor.researchID10111204 - Minnie, Francois Gysbertus (Supervisor)


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record