Vergifnisonderwys: is dit (voor)teoreties toereikend begrond?
Abstract
Ontleding van 'n aantal onlangse publikasies op die terrein van vergifnis en vergifnisonderwys het aan die lig gebring dat hoewel vergifnisonderwys tot dusver, sover vasgestel kon word, nog nie standaard as deel van die formele onderwyskurrikulums van lande aangebied is en word nie, dit in die onlangse verlede wyd aangewend is as ingrypingsprogram in gevalle waar mense (kinders) nodig het om te verstaan wat vergifnis behels en hoe dit toegepas word. Dit het verder geblyk dat sulke ingrypingsprogramme oor die algemeen geslaagd en doeltreffend was. Die ondersoek het egter die vraag laat ontstaan of hierdie programme en die onderliggende sieninge van vergifnis (voor)teoreties toereikend gefundeer is. 'n Ontleding van die programme en van die onderliggende beskouinge oor vergifnis en vergifnisonderwys toon dat drie bre� benaderings onderskei kan word: een wat hoofsaaklik op die toepassingswaarde en die nuttigheid van vergifnisonderwys fokus; een wat dieper ingaan op die filosofiese, lewensbeskoulike en spirituele grondslae daarvan en grondvrae daaroor, dog sonder dat die betrokkenes hulle noodwendig met hierdie voorteoretiese grondslae vereenselwig, en ook een wat pertinent aansluit by die een of ander besondere godsdienstige, geloof-, spirituele of lewensbeskoulike siening en waar die betrokkenes hulle ook doelbewus daarmee vereenselwig. Hierdie bevinding word vervolgens deur die lens van die Sosiale ruimte en etiese funksie-teorie bekyk en beoordeel. Op grond hiervan kom ek tot die slotsom dat daar 'n plek vir elkeen van hierdie benaderinge mag wees in die praktyk van die vergifnisonderwys, dog dat die toepaslikheid daarvan baie sal afhang van die godsdienstige en/of lewensbeskoulike karakter van die betrokke skool of onderwys- en opvoedingsomgewing waarin dit praktyk moet word.
URI
https://www.litnet.co.za/vergifnisonderwys-dit-voorteoreties-toereikend-begrond/http://hdl.handle.net/10394/27056
Collections
- Faculty of Education [756]