dc.description.abstract | Opsomming. In hierdie artikel word die vraag
gestel of leesbegripstoetse, wat
volgens onderwysdepartementele
voorskrifte opgestel is, werklik
leesbegripsvlakke assesseer. Riglyne
van die Nasionale Kurrikulum- en
Assesseringsbeleidsverklaring (Suid-
Afrika, 2011) is gebruik om twee
gelyksoortige leesbegripstoetse
(drie tekste elk), wat uit dieselfde
tekstipes bestaan, maar handel oor
verskillende temas, op te stel om
Afrikaanssprekende graad 9-leerders, uit
verskillende geografiese gebiede van ’n
onderwysdistrik, se leesbegripsvlakke te
bepaal. Die moeilikheidsgraad van die
leestekste is met leesbaarheidsindekse
bepaal en ’n 40-40-20%-verspreiding van
kognitiewe vlakke is in die vraagstelling
gevolg. Bo en behalwe die berekening
van gemiddeldes, frekwensies en
persentasies is die Cronbach Alphakoëffisiëntwaardes
en die gemiddelde
interitem-korrelasiewaardes vir elkeen
van die drie tekste binne die twee
tematies verskillende leesbegripstoetse
vasgestel en leesbegripstoetse se
vrae is volgens Bloom se kognitiewe
vlakke vergelyk. Die hoofbevinding is
dat leerders se leesbegripsvlakke nie
akkuraat deur tipiese leesbegripstoetse
geassesseer word nie, omdat hulle
leesbegrippunte in ’n mindere of ’n
meerdere mate op verskillende wyses
gekontamineer word. Abstract. In this article the question is posed
whether reading comprehension tests,
compiled in accordance with department
of education prescripts, actually
assess reading comprehension levels.
Guidelines of the National Curriculum
and Assessment Policy Statement (South
Africa, 2011) were used to compile two
equivalent reading comprehension tests
(three texts each), consisting of the same
text types, on different themes, in order
to determine the reading comprehension
levels of Afrikaans-speaking grade 9
learners from different geographical
areas of an education district. The
degree of difficulty of the reading texts
was determined by means of readability
indexes and a 40-40-20%-distribution
of cognitive levels was followed in the
question statements. In addition to the
calculation of averages, frequencies
and percentages, the Cronbach Alpha
coefficient values and the average interitem
correlation values for each of the
three texts within the two thematically
different reading comprehension tests
were determined, and the questions of
the reading comprehension tests were
compared in accordance with Bloom’s
cognitive levels. The main finding is
that readers’ reading comprehension
levels are not accurately assessed by
typical reading comprehension tests,
seeing that their reading comprehension
marks are contamininated to a lesser or
a greater extent in various ways. | en_US |