A liturgical justification for a duet or duo organ transcription of Fauré's requiem, opus 4
Abstract
Ofskoon Fauré se Requiem (Opus 48) op ’n besonder komplekse ontstaansgeskiedenis aanspraak
maak, waarby verskeie weergawes van die werk oor dekades heen gestalte verkry het, is die
vraagstuk van ’n orreltranskripsie nog nie binne bestaande literatuur oor die werk aangespreek
nie. Die voordele van ’n orrelduet- of orrelduo-weergawe van die werk, soos wat in hierdie
artikel voorgehou word, is ook nog nie vantevore in die literatuur ondersoek nie. Aangesien so
’n transkripsie ’n onontbeerlike deel van uitvoerings van die werk in kleiner-formaat liturgiese of
konsert-kontekste sou wees, met name in Suid-Afrika waar uitvoeringsmiddele dikwels beperk
is, regverdig die onderwerp ’n akademies gefundeerde ondersoek. Met ’n dokumentering en
rasionalisering van ’n transkripsieproses waarby die Requiem ook histories gekontekstualiseer word, wil hierdie artikel ’n sodanige transkripsie van die werk as unieke bydrae tot die
internasionale orreltranskripsie-repertorium voorstel.